Nog 2 500 in Bahamas vermis nu00e1 orkaan Dorian
Nog 2 500 in Bahamas vermis nu00e1 orkaan Dorian

Nog 2 500 in Bahamas vermis ná orkaan Dorian

Die Bahamiaanse eerste minister het Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê die dood van 50 mense is bevestig.
Minstens 2 500 mense word in die Bahamas vermis nadat orkaan Dorian verlede week groot verwoesting op die eilande gesaai het.

Die eerste minister, Hubert Minnis, het Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê die dood van 50 mense is bevestig. Volgens hom sal die dodetal waarskynlik aansienlik styg, omdat so baie mense steeds vermis word.

Minnis het benadruk dat die regering so deursigtig as moontlik te werk gaan en inligting sal deel soos wat die dodetal aangepas word.

Volgens die nooddienste word die lys van vermiste mense nog nagegaan. Dit kan wees dat baie bloot die gebied ontruim het voordat die kategorie 5-orkaan die eilande op 1 September getref en 48 uur lank gewoed het.

Dorian is die grootste natuurramp wat dié eilande nog getref het.

Sowat 5 000 mense is ontruim na New Providence, waar die hoofstad, Nassau, geleë is. Volgens die plaaslike rampbestuuragentskap het nog sowat 15 000 mense egter kos en skuiling nodig.

Groot tente is in die hoofstad opgeslaan en tentdorpe gaan opgerig word op Abaco-eiland, waar 4 000 mense gehuisves kan word.

Minnis het pres. Donald Trump van Amerika bedank vir die bystand wat die land verleen, hoewel die Withuis later gesê het dat die inwoners van die Bahama-eilande nie spesiale immigrasiestatus sal geniet as hulle in Amerika sou wou gaan werk om weer op hul voete te kom nie.

Inwoners sal steeds tydelik na Amerika kan reis, indien hulle die regte dokumente het, maar hulle sal nie toegelaat word om te werk terwyl hulle daar is nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!