Nog 24 m. mense kyk nou Netflix
Die aanlyn TV-diens Netflix, het ’n allemintige 24 miljoen nuwe intekenare in 2017 bygekry.
Netflix se aandeelhouers was so in hul noppies met dié maatskappy se jongste finansiële resultate dat sy aandeleprys Maandag met 3,2% tot US$227,58 geklim het. Dit gee Netflix vir die eerste keer ooit ’n markwaarde van meer as US$100 miljard.
Netflix het nou ’n totaal van 117,6 miljoen intekenare reg oor die wêreld.
Netflix het Maandagaand sy resultate vir die kwartaal tot einde Desember bekend gemaak.
Terwyl ander mediamaatskappye saamsmelt, personeel aflê en bekommerd is oor hul toekoms, hou Netflix maar net aan met wat hy doen en kry hy al meer intekenare in veral Amerika, Europa en Suid-Amerika.
Verkope in die vierde kwartaal het met meer as 30% tot US$3,29 miljard gegroei. Verdienste het bykans verdriedubbel tot 41c teenoor ’n jaar tevore.
Netflix sê hy gaan al dié geld en selfs nog meer aan nuwe programme en rolprente bestee. Hy beplan om vanjaar soveel soos US$8 miljard op nuwe programme en US$2 miljard aan bemarking te bestee.
Hy brei ook die getal programme wat nie Engels is nie drasties uit. Hy hoop om 30 programme in 2018 vry te stel wat in plaaslike tale is in lande waar hy intekenare het.
Netflix het net in die vierde kwartaal van verlede jaar 8,33 miljoen nuwe intekenare gekry. Dit was veral te danke aan sy gewilde fantasiereeks Stranger Things en Will Smith se nuwe fliek Bright.
Internasionaal
Die grootste getal nuwe intekenare was in internasionale markte (buite Amerika waar Netflix gesetel is). Gedurende die vierde kwartaal was 6,36 miljoen van die 8,33 miljoen nuwe intekenare juis van buite Amerika se grense.
Sowat 1,98 miljoen Amerikaners het ook gedurende dié tyd op die diens ingeteken.
Die gewildste pakket wat Netflix bied kos US$11 (R133 teen die huidige wisselkoers) per maand. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie