Nog eiendomme deur swaar reëns beskadig

Windhoek het die afgelope Dinsdag steeds swaar reëns ervaar wat tot die beskadiging van eiendomme en die oorweldiging van stormwaterstelsels gelei het.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis en Tanja Bause – Reënvalsyfers so hoog as 85 mm is Dinsdag in die hoofstad aangemeld.

Benewens die skade aan die Ambrose Village-kompleks, is nog eiendomskade Dinsdag aangemeld.

By Korrigan Business Centre in Parsivalstraat is 'n muur en 'n klein gedeelte van die parkeerarea deur die reën verspoel. Die karre naby dié muur moes aan die gebou vasgemaak word om te keer dat dit teen die afdraande afgly of -rol. Volgens 'n persoon wat in dié kompleks werk, het die verspoeling omstreeks 19:00 gebeur. Die skade is glo slegs deur sterk vloedwater veroorsaak.

Mnr. Hofmann Ray­mond Kapia van die Windhoek-brandweer se afdeling vir noodbestuur het gesê vanaf Dinsdagnamiddag tot middernag het 17 noodoproepe by hul skakelbord ingekom, almal in verband met stormwaterstelsels wat verstop het of onvoldoende was. Geen vloedverwante sterftes of beserings is tot dusver aangemeld nie.

“Drie spanne is ontplooi. Hulle het die blokkasies verwyder, die water uit huise gepomp en sandsakke gepak,” het hy gesê.

“In Mbabane-straat in Katutura het een woonstel verspoel. Die stormwater-kanaal kon nie die volume hanteer nie en het die huis langsaan oorstroom. Ons het die water gaan uitpomp.”

Volgens Kapia weet hulle net van dié woonstel en die Ambrose Village-kompleks wat erge skade gely het.

“By Ambrose Village was die duiker te klein om al die water te hanteer en die water het teen die grensmuur opgedam tot dit meegegee het. Die stormwaterstelsel binne die kompleks kon nie die watermassa hanteer nie. Ons het aanbevelings aan die eiendomsagent en die ingenieurs gemaak wat hulle sal nakom,” het Kapia gesê.

– yandi@republikein

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!