Nog geen ooreenkomste met China
Nog geen ooreenkomste met China

Nog geen ooreenkomste met China

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië en China het nog nie hand op papier gesit om 'n leningsooreenkoms van enige aard te onderteken nie.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gister die versekering gegee dat Namibië nie halsoorkop besluite sal neem nie.

Volgens hom is finansiële samewerking waarby albei lande sal baat wel tydens die pasafgelope staatsbesoek aan China breedvoerig bespreek.

Hy sê in 'n verklaring, wat gister deur sy kantoor uitgereik is, die beoogde samewerking sal “toelaes en lenings of gemengde leningsinstrumente, openbare en private beleggings asook samewerking op die gebied van belasting- en doeane-administrasie” behels.

“Die ooreenkomste vir toelaes en lenings sal vir spesifieke projekte wees en sal dienooreenkomstig onderhandel word,” sê die minister.

Volgens Schlettwein moet “die terme en voorwaardes, asook die reëls vir die oordrag van vaardighede en tegnologie eers deeglik oorweeg word” sodat beide lande voordeel trek.

Dieselfde verklaring is ook gister deur die minister op sy Facebook-blad geplaas, wat 'n stortvloed van negatiewe kommentaar ontlok het van Namibiërs wat voel China buit Namibië uit.

Schlettwein sê in sy verklaring as deel van die omvattende, strategiese vennootskap tussen Namibië en China sal strategiese gesprekke oor bilaterale sowel as multilaterale finansiële kwessies gereeld plaasvind.

“Namibië het die behoefte om sy ekonomie te diversifiseer en te ontwikkel tot 'n uitvoerekonomie en China het die vermoë as die wêreld se tweede grootste ekonomie om nie net 'n mark vir klaargemaakte produkte en kommoditeite te verskaf nie, maar natuurlik oor vaardighede, tegnologie en kapitaal beskikbaar te stel.”

Prof. Henning Melber, akademikus en politieke ontleder, het vroeër gewaarsku Namibië moet die fynskrif in al sy leningsooreenkomste goed bestudeer en nie toelaat dat sy skuldlas buite beheer toeneem nie.

“China is nie 'n filantropiese land wat geskenke uitdeel sonder om aan sy eie belange te dink nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!