Nog gesinne ontvang huise
Nog gesinne ontvang huise

Nog gesinne ontvang huise

Tanja Bause
Tanja Bause - Nog 50 inwoners van Windhoek het gister baksteenhuise ingevolge 'n projek vir bekostigbare behuising ontvang. Dit volg nadat in Junie 36 huise aan inwoners toegeken is.

Volgens die burgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu, beteken dit die projek het sedert sy ontstaan vir 86 families 'n dak oor die kop verskaf.

Die projek is 'n gesamentlike onderneming van die munisipaliteit, die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en die Khomas-streekraad.

“Ons beoog om 200 huise voor die jaareinde te bou en nog 1 000 volgende jaar,” het sy gesê.

Me. Alma Ndjiharihe is een van die mense wat 'n huis ontvang het.

“Ek woon al sedert 2012 hier in my sinkhuis en het nie woorde nie. Ek is baie dankbaar dat ek my kinders en kleinkinders nou in 'n huis kan bly. Dit is die eerste keer dat ek 'n huis besit . . . daar is nie woorde nie,” het sy gesê.

Die huise is in die kiesafdelings Khomasdal, Samora Machel, Moses Garoeb en Tobias Hainyeko gebou en volgens Kahungu word die projek in die toekoms ook na die Windhoek landelike kiesafdeling uitgebrei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!