Nog klagte teen Boulter
Ester Kamati op Outjo – Die Britse miljardêr mnr. Harvay Boulter staar nog drie klagte in die gesig wat verband hou met gebeure op sy spogplaas Kaross op die aand van 27 Februarie toe mnr. Gerhard van Wyk, Boulter se plaasbestuurder, noodlottig deur ‘n skoot uit ‘n pistool getref is.
Boulter word benewens vir moord ook aangekla van regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
‘n Ondersoekbeampte het op die tweede dag getuig die pistool wat ten tyde van die voorval deur Boulter gebruik is, was nie sy persoonlike eiendom nie, maar behoort aan XC Arms and Ammunitions. Die vuurwapens word op die jagplaas in demonstrasies gebruik en te koop aangebied.
Volgens die ondersoekbeampte beskik Boulter nie oor ‘n vuurwapenlisensie nie. Die onderneming besit wel ‘n handelaarslisensie.
Die polisiebeampte het gesê die pistool moes saam met ander wapens in ‘n kluis toegesluit gewees het.
Boulter het glo ‘n vuurwapen gevra by Van Wyk se seun, wat bang was hy word afgedank as hy nie die versoek nakom nie.
Die beampte het gesê verklarings moet nog by twee persone afgeneem word. Een was ‘n werknemer op die plaas wat glo spoorloos verdwyn het. Die ander getuie is Boulter se persoonlike assistent, wat in Amerika werk.
Die speurder het gesê die ondersoek behoort teen 30 Junie, die huidige uitsteldatum, afgehandel te wees.
Boulter se paspoort is gekonfiskeer, maar die ondersoekbeampte het getuig dit is nie ‘n versekering dat hy in die land sal bly nie. Volgens hom het Boulter sakebelange en vennote in die buiteland, ‘n eksvrou in die VSA en sy ouers woon in Brittanje.
Die speurder het getuig Boulter het soms werknemers sleggesê, veral sy plaasbestuurder. Die rusie daardie noodlottige aand is volgens die polisieman veroorsaak deur ‘n gure opmerking wat Boulter teenoor die vrou van Van Wyk se seun gemaak het.
Boulter het glo die seun geklap en sy pa het tussenbeide probeer tree. Die ondersoekbeampte het dit as ‘n “stoeiery” beskryf.
Van Wyk het glo gesê: “Seun, hy het ‘n pistool op my gerig.” Kort daarna het ‘n skoot afgegaan.
Boulter het ontken dat hy Van Wyk aangerand het.
Me. Charine Glen-Spyron, ‘n kliniese sielkundige, het getuig dat Boulter volgens haar waarnemings en evaluerings nie ‘n gewelddadige persoon of ‘n gevaar vir ander is nie. “Hy is nie aggressief nie,” het sy gesê. “Daar is opregte spyt.”
Volgens Glen-Spyron wil Boulter sy fout regmaak en hy besef hy kon die saak anders hanteer het. Sy het gesê hy het aangedui hy wil totdat die verhoor afgehandel is voortgaan met behandeling vir angs, post-traumatiese stressindroom (PTSD) en erge paniekaanvalle.
Glen-Spyron het gesê Boulter het geen poging aangewend om te ontsnap uit die inrigting waar hy behandel word nie.
Landdros Immanuel Udjombala het verrigtinge tot vandag verdaag en sal waarskynlik uitspraak oor borgtog gee. Mnr. Evert Gouws verskyn vir Boulter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie