Nog lande steun Venezuela se Guaidó
Nóg lande het aangedui dat hulle Juan Guaidó, wat homself tot tussentydse president van Venezuela verklaar het, as president erken.
Brittanje, Duitsland, Frankryk en Spanje volg in die voetspore van Amerika en ander Europese lande wat hom reeds as president erken het.
Rusland en China beskou steeds die beleërde pres. Nicolás Maduro as Venezuela se regmatige president.
Guaidó het homself verlede maand tot tussentydse president verklaar omdat hy Maduro verantwoordelik hou vir die finansiële krisis waarin Venezuela hom bevind.
Talle Latyns-Amerikaanse lande het ook hul steun aan Guaidó gegee.
Amerika het intussen sanksies teen Venezuela ingestel en weier om ruolie vanaf Venezuela in te voer.
Hy het voorheen minstens 500 000 vate per dag ingevoer.
Oostenryk, Kroasië, die Tsjeggiese Republiek, Denemarke, Finland, Estland, Letland, Litaue, Luxemburg, Nederland, Pole, Portugal en Swede het ook gesê hulle steun Guaidó. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie