Nog leerlinge, gevangenes toets positief vir Covid-19
Uit die 13 nuwe gevalle van Covid-19 is vyf leerlinge van skole in die hoofstad en wel twee van die Montessori-kindertuin, een elk van die hoërskool Rocky Crest, hoërskool Delta en die primêre skool Gammams. Al agt nuwe gevalle op Rundu is gevangenes in die aanhoudingselle op die dorp. Veertien (14) uit Rehoboth se 18 nuwe gevalle, 87%, is kontakte van bevestigde gevalle op die dorp.
Bogenoemde syfers vorm deel van vandag se 47 (6,9%) uit 674 weefselmonsters wat positief getoets het. Uit die nuwe gevalle is 27 vroue en 20 mans. Die ouderdomme wissel van ses tot 83 jaar.
Die nuwe gevalle is Rehoboth 18, Windhoek 13, Rundu 8, Swakopmund 3, Engela 2 en Opuwo, Gobabis en Keetmanshoop 1 elk.
Nog 163 mense het herstel wat die totaal op 12 843 te staan bring. Dit sluit 161 in Khomas en een elk in Erongo en Omusati in.
Uit die 572 aktiewe gevalle is vyf baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas, een baie ernstige geval in Oshana en een kritieke geval in Oshikoto in. Tot op hede is 142 091 weefselmonsters getoets, 2 550 kontakte word gemonitor en 412 mense is in kwarantyn. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 138.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie