Nog ’n Covid-Kersfees
Kristien Kruger
Hier is ons weer – Kersbome staan in sitkamers en Kersliggies skyn in die hoofstraat. Kinders skryf wenslysies, mammas en oumas beplan die spyskaart vir Kersfees en pappas kyk of die Kersvaderpakkie nog om die boepens pas. Opgewonde kindertjies eet hul daaglikse sjokolade agter die datum versteek. Dis 15 Desember – net nog nege daggies. Geskenke word gekoop, weggesteek en toegedraai. Kerskouse word gevul en koekies word gebak.
Die belangrikste van alles is dat familie en vriende net hul reise na vakansiehuise by die see begin. Kinders, jonk en oud, keer terug na hul ouerhuis. Kleinkinders gaan kuier uiteindelik by oupa en ouma. Geliefdes kom bymekaar en maak gereed vir ’n prettige feestyd en vir baie gesinne is dit die enigste tyd van die jaar waar almal bymekaar is.
Maar ongelukkig lyk vanjaar weer anders … Dis weer ’n Covid-Kersfees.
Families wat oorsee bly is huiwerig om te reis in hierdie onsekere tye. Die prys van vliegkaartjies en Covid-toetse belemmer spoedig jou reisplanne, veral ná hierdie twee jaar waar almal diep in hul sakke moes krap om te oorleef.
Baie gesinne gaan nie hierdie Kersfees bymekaar wees nie.
Ek weet van ’n student wat hierdie Kersfees alleen in die VSA sal sit met ’n hart vol verlange na ’n Namibiese somerkersfees saam haar gesin.
Ek weet van oumas en oupas wat enige iets sal gee om hul kleinkinders dié Kersfees vas te hou en met tonne geskenke te bederf.
Ek weet van getroudes wat wens al twee se gesinne kon saam die geboorte van Jesus vier, sodat hulle nie hoef te kies nie. Dan hoef daar nie beurte gemaak te word nie.
Ek weet van families wat mense aan Covid afgestaan het en hul Kersfees lyk vanjaar anders.
Ek weet van gesinnetjies wat op Oujaar alleen om hul Kersboom gaan sit.
Ek weet van Kersbome sonder geskenke.
Ek weet van Kersfees sonder liefde.
Daarom moet ons die Kersfees die liefde bring na waar ookal dit nodig is. Zoom met daardie familielid wat alleen gaan wees. Stuur Kerskoekies vir die bure. Hou Kerskonsert en sing tot die eer van die Here.
Vermy gesprekke oor politiek, petrolpryse en inentings. Eet trifle en wees ten volle teenwoordig. Besef hoe bevoorreg jy is om rondom geliefdes te wees en koester die tyd saam.
As Covid ons een ding geleer het, is dit om lief vir mekaar te wees, want ons tyd saam mag dalk min wees.
’n Covid-Kersfees hoef nie eensaam te wees nie. Dit lyk dalk anders as wat ons ken en wat ons wil hê, maar dit kan steeds met tonne liefde en vreugde gevul wees. Dit hang alles van ons af.
’n Geseënde Covid-Kersfees vir julle! Wees veilig, eet baie en wees lief vir mekaar.
Tot volgende jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie