Nog 'n grootvoet boet met sy lewe
Tanja Bause – Twee weke gelede is 'n man in Omatjete-omgewing in die Erongostreek deur 'n olifant doodgemaak.
Verlede week is 'n olifant in dieselfde omgewing deur werkers van die ministerie van omgewing en toerisme doodgeskiet.
Ek het simpatie met die oorledene se familie en weet dat so iets verskriklik moet wees, maar was die olifante nie eerste in die omgewing nie?
Het ons, die mens, nie maar later in hul natuurlike gebiede ingetrek nie? Ons maak asof alles aan ons behoort en alles om ons moet draai en by ons moet aanpas . . .
Die olifante was eerste daar en almal weet waar 'n olifant loop, daar sal hy loop, en as iets in sy pad is, dan loop hy deur dit of oor dit.
Hy dwaal nie sommer van sy pad af nie.
Mense wat in die Ugabrivier saam met die woestynaangepaste olifante woon, weet as 'n olifant te naby aan 'n huis kom, moet hulle hul hande klap en hul stemtoon rustig hou.
Die olifante sal vanself weggaan.
Mense wat saam met dié diere grootgeword het, weet jy loop nie laat in die aand rond nie.
Olifante beweeg baie stil en sag en mens kan hulle nie hoor of sien in die donker nie.
As dier en mens dan wél op mekaar in die donker afkom, skrik beide.
Mense begin gewoonlik gil en hardloop.
Die olifant reageer en bestorm dit wat hy as gevaar beskou.
In Indië, waar omtrent 400 mense en 100 olifante jaarliks in mens-dier konflik doodgaan, het mense maniere gevind om met olifante saam te leef.
Ananda Kumar gebruik moderne tegnologie om mense via SMSe in te lig oor waar die olifante hulle tans bevind sodat alternatiewe roetes gebruik kan word.
Ook het sy organisasie rooi ligte aangebring wat aangeskakel kan word sodra olifante in die omgewing is.
Die flikkerende ligte waarsku mense wat in die nag rondbeweeg. Soos in Namibië, vind die meeste mense-olifant konflik in Indië in die nag plaas.
Daar is ook gevind dat 'n paar bosse brandrissies om jou huis die grootvoete kan weg hou.
Elke keer as 'n olifant 'n mens doodmaak, skreeu almal: "Maak hulle vrek! Skiet hulle!"
As die man nou deur 'n slang gepik is, sou geen haan daarna gekraai het nie.
Niemand sou verwag dat die ministerie van omgewing en toerisme uitkom en 'n slang doodskiet nie.
Wat is die verskil? Die grootte van die dier?
Ek weet olifante het ook 'n paar weke terug 'n huis beskadig en mense is bang.
Maar toeriste het vroeër met 'n hommeltuig oor die olifante gevlieg en hulle geïrriteer.
Soos ek toeriste ken, het hulle waarskynlik al nader en laer gevlieg, sodat hulle goeie foto's kon kry om later in hul sitkamers te hang en hul vriende te beïndruk.
Die nagevolge van hul optrede, die woedende olifante wat die naaste huis afbreek, dít is immers nie hul probleem nie.
Maar die ding wat my die meeste pla is dat 'n olifant geskiet is.
Wie het die olifant uitgeken?
Is dit wél die olifant wat die man doodgemaak het, of maak dit nie saak nie?
Ons skiet sommer die eerste een wat ons sien?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie