Nog u2019n minderjarige verkrag
Nog u2019n minderjarige verkrag

Nog ’n minderjarige verkrag

Twee dwelmverwante inhegtenisnemings het Vrydag in dieselfde straat in Khomasdal plaasgevind.
Tanja Bause
’n Minderjarige meisie is Vrydag deur haar oom verkrag. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 27-jarige verdagte sy 12-jarige niggie Vrydag om 16:00 in sy kamer verkrag.
Na bewering het hy haar gereeld na sy kamer genooi en verkrag. Die voorval het in die Onhofi-nedersetting op Outapi plaasgevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.

’n Een-en-veertigjarige man is op Aminuis in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie verkrag het. Die voorval het Vrydag omstreeks 21:00 in die Okeruru-nedersetting plaasgevind.

DIEFSTAL

Na bewering het verdagtes tussen Vrydagaand en Saterdag die slot van die Nyanyukwni Fish Shop in die Omulamba- informele nedersetting op Oskikuku oopgebreek en toegang tot die winkel verkry. Hulle het items ter waarde van N$3 481 en N$249 in kontant gesteel. Van die gesteelde items is teruggevind. Twee mans van onderskeidelik 21 en 24 jaar oud is in hegtenis geneem. Drie van hul makkers is nog op vrye voet.

Vier beeste ter waarde van N$40 000 is tussen Sondag verlede week en Vrydag van die plaas Moria naby Otjimbingwe gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Twee verdagtes van 17- en 40-jarige ouderdom is Sondag omstreeks 04:00 op die Plaas Auros D1089-grondpad naby Gibeon in hegtenis geneem. Hulle het die karkas van ’n kalf in ’n VW Golf-sedanvoertuig vervoer. Die karkas het geen brandmerk gehad nie en die mans kon nie verduidelik hoekom hulle in die besit van die karkas was nie.

WILDPRODUKTE

Saterdag is ’n 36-jarige man op Kamanjab se asgate in hegtenis geneem. Hy was in die besit van vier ietermagovelle. Hy het probeer om die velle in die bosse weg te steek toe hy in hegtenis geneem is.

’n Onwettige Angolese immigrant (37) is Saterdag omstreeks 14:00 in Isak Pondostraat naby die Outapi-dorpsraad in besit van wat vermoed word ’n stuk olifanttand is, in hegtenis geneem.

DWELMS

’n Vyf-en-twintigjarige man is Vrydag omstreeks 20:40 in Khomasdal by ’n huis in Dawid Goeiemanstraat in die besit van 1 980 gram dagga ter waarde van N$98 000 en kontant van N$4 100 in hegtenis geneem.

Vrydag om 21:10 in dieselfde straat is ’n 47-jarige Angolese burger in die besit van vier eenhede crack-kokaïen ter waarde van N$10 000 gearresteer.

ONGELUK

Saterdagnag is mnr. Simon Oaseb (43) op die hoofpad tussen Grootfontein en Rundu doodgery. Die bestuurder het van die toneel gevlug. Die polisie doen ’n beroep op die publiek om met inligting oor die voorval na vore te kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!