Nog ’n Omicron-geval in Brittanje
Nog ’n reisiger wat vanaf Suider-Afrika na Brittanje gereis het, is positief vir die Omicron-variant getoets. Dit bring die aantal bevestigde gevalle in die land op drie te staan. In Duitsland is daar nou drie van die gevalle en in Nederland waar 13 positief vir die variant getoets het, het Hugo de Jonge, die land se minister van gesondheid, gesê dit kan net die spits van die ysberg wees. Omicron is reeds in Suid-Afrika, Botswana, Israel, Engeland, België, Australië, Italië, Oostenryk, Duitsland, die Tsjeggiese Republiek en Hongkong geïdentifiseer. - Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie