Nog 'n WB-droom vir juniors aan skerwe?
Namibië het met sy nederlaag vir Tanzanië die hef in die hand gegee en sal nou op die geluk van permutasies moet steun.
Tielman van Lill – Die junior Eagles (152 almal uit) het Vrydag in Rwanda se hoofstad Kigali by die Afrika kontinentale uitduntoernooi vir die o.19-Wêreldbeker met 48 lopies aan die kortste ent getrek teen die vaardige Tanzaniese jeugspan, wat 200/8 in 50 boulbeurte opgestel het.
Dit was die o.19's se tweede wedstryd by die toernooi. Afrigter Fortune Matawu se manne is ná tans gesamentlik tweede met twee punte teen Tanzanië (6), Rwanda (2), Uganda (2) en Nigerië (0).
Hoewel die Eagle-boulers hul teenstander tot 'n skaflike 4 lopies per boulbeurt beperk het, het drie van Tanzanië se kolwers saam met 23 ekstras ingesluit, die wenteiken van 201 buite bereik van Namibië geplaas. Die 23 ekstras sluit 16 wydlopers, 3 foutballe en 4 bylopies in.
Tanzanië se kolwers het nie een ses geslaan nie, maar het 21 viere (84 lopies) oor die grenstou gejaag teenoor Namibië se tien viere en ses sesse (76).
Die drie Tanzaniërs wat dorings in die junior Eagles se vlees was, was paaltjiewagter en aanvangskolwer Abdallah Jabiri (32 van 63 balle, 5x4, gevang William Lottering, geboul JC Balt), hul kaptein Dhrumit Mehta op drie (69 van 116 b, 6x4, geboul Renier Bosman) en Abduramani Akida op vier (56 van 82 b, 8x4, gevang Bosman, geboul Jack Parker).
Parker met 3/9 in vier boulbeurte teen 2.25 was die keur van die Eagle se boulers, gevolg deur 'n suinige Bosman (1/18 in 10, 4 leeg) en Balt (1/24 in 10, 2 leeg). Dirk Theunissen (1/51 in 9) het die ander paaltjie laat kantel.
Balt op drie (53 van 62 b, 4x4, 2x6, been voor paaltjie Yalinde Nkanya) was opnuut Namibië se topkolwer. Sy kolfwerk was sover die ligpunt vir Namibië, nadat hy die vorige dag teen Uganda ook met 'n vyftigtal (72) uitgestaan het.
Ryan Moffett het as aanvangskolwer goed begin (35 van 70 b, 2x4, 1x6), maar is onnodig deur Laksh Bakrania uitgehardloop.
Sy aanvangsmaat Ramon Wilmot (17 van 22 b, 3x4, geboul Karim Mnyankindi), Alexander Volschenk op ses (10 van 10 b, 1x6, gevang Gokul Das, geboul Bakrania) en Jan-Hendrik Potgieter op agt (18 van 11 b, 1x4, 2x6, gevang Augustino Mwamele, geboul Bakrania) was die enigste ander kolwers wat dubbelsyfers kon behaal.
Die 14-jarige draaibouler Bakrania (5/28 in 9.3, 1 leeg) was Tanzanië se skerpskutter en welverdiende speler van die wedstryd, met Mnyankindi (2/27 in 7) en Nkanya (1/37 in 10, 1 leeg) wat ook die las ligter gemaak het.
Namibië se kaptein, Jack Parker, het agterna gesê: “Ons wedstryd teen Uganda was 'n goeie een, want ons het goed geboul en gemaklik gewen nadat ons net drie paaltjies verloor het. Die buiteveld was rof en moeilik om veldwerk op te doen, maar die kolfblad was goed.
“Die tweede wedstryd teen Tanzanië was 'n groot teleurstelling en ons sal dit as motivering vir ons oorblywende twee kragmetings gebruik. Dis van kardinale belang dat ons die volgende twee wen en ons sal enige iets in ons vermoë doen om te kwalifiseer. Ons bly positief.”
Tanzanië het sy ander twee wedstryde ook maklik gewen (met vier paaltjies teen Rwanda en met nege paaltjies Nigerië) vir ses ligapunte. Hulle het Nigerië gister vir 'n skamele 39 in 16 boulbeurte uitgeboul en hul wentelling (42/1) binne 12.2 bb geslaan.
Die Eagles kan dalk hul laaste twee botsings teen Nigerië (vandag) en Rwanda (Woensdag) wen om met ses toernooipunte te eindig, maar tensy die Tanzaniërs vandag hul laaste uitstappie teen Uganda verloor en die netto lopietempo as maatstaf gebruik word om die spanne te skei, bly Tanzanië in die binnebaan om die vasteland se enigste kwalifiseerder vir die o.19-Wêreldbeker volgende jaar in Wes-Indië te word.
Uganda, met 'n reusagtige kolftotaal van 311/9 in 50, het gister vir Rwanda met 100 lopies geklop om die tweede posisie op die punteleer met 4 punte in te neem. Ná 'n reënonderbreking is Uganda se teiken tot 163 in 21 bb aangepas, maar hulle het op 62/4 geëindig.
Namibië se juniors is desperaat om sy plek by die o.19 Wêreldbeker terug te wen. Sedert die land se debuut in 1998 het hy agt verskynings by die skouspel gemaak en net drie kere misgeloop (2004, 2010 en 2020).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie