Nog 'n wilde rit op mark verwag midde onsekerheid
Termynkontrakte het gister voorspel onsekerheid mag dalk weer kop uitsteek onder beleggers oor hoe groot die aansporings gaan wees.
Amerikaanse aandele het Dinsdag skerp hoër gesluit met amper 5% toe beleggers hoop gekry het dat die regering van pres. Donald Trump en ander regerings ekonomiese aansporingsplanne gaan aankondig.
Hoop gevolg deur onsekerheid, gevolg deur hoop oor die omvang van die aansporingsplanne om die ekonomiese impak van die coronavirus teen te werk, het Dinsdag gedurende die dag aandeelpryse in Amerika en Europa wild laat rondswaai. Termynkontrakte het egter Woensdagoggend vroeg voorspel dat onsekerheid dalk weer kop mag uitgesteek onder beleggers oor hoe groot die aansporings gaan wees en of dit genoeg gaan wees.
Soveel styg die JSE
Die JSE het Dinsdag hoër gesluit maar nie naastenby met soveel as wat in Amerika gesien is nie. Teen sluitingstyd was die JSE se indeks van alle aandele 1,3% hoër om op 49 466 te sluit. Maandag se val was 6,2% en dié styging gister het min gedoen om dit uit te wis.
Die S&P 500-indeks wat 500 van die grootste genoteerde maatskappye in Amerika se vertoning volg, het 4,9% hoër gesluit, asook die Dow Jones-nywerheidsindeks en die Nasdaq. Beleggers moes deur die dag 'n straaltjie nuus probeer verwerk oor Trump en sy span wat kyk na maatstawwe soos belastingverlagings en ander hulp vir sukkelende ondernemings van lugrederye tot passasierskepe.
Aanvanklik is 'n styging in aandeelpryse van 3,5% heeltemal uitgewis, voor 'n heftige lopie in die finale twee ure van verhandeling op Wall Street geneem is. Dit was die grootste styging op dié mark sedert Desember 2018.
“Dit is mark-Maart-malheid op die oomblik, soos gesien met onverwagse verliese en skielike herstel,” het Mike Loewengart, 'n besturende direkteur van beleggingstrategie van E*Trade Financial, gesê.
Greg McBride, hoof- finansiële ontleder van Bankrate.com, het egter gemaan dat beleggers sulke wilde ritte moet verwag totdat daar groter sekerheid oor die coronavirus is. Tekens dat regerings wêreldwyd besig is om wakker te skrik oor die behoefte aan aansporingsplanne om 'n dreigende resessie weens die coronavirus af te weer, het die erge wisselvalligheid veroorsaak. Terselfdertyd ondermyn maatstawwe om die coronavirus te beheer weer maatskappye se winsvooruitsigte.
Europese aandele herstel nie
'n Aanvanklike herstel in Europese aandele het Dinsdag nie gehou nie.
Deur die dag het vroeë optimisme oor maatstawwe om die coronavirus se verspreiding te beheer en ekonomiese aansporings verflou. 'n Groot omswaai is deur die dag in aandelepryse gesien. Dit is as van die grootste nóg beskryf.
Die FTSE 100-indeks van Britse aandele het amper onveranderd, maar laer gesluit. Duitsland se groot Dax-indeks het 1,4% en Frankryk se CAC 40-indeks het 1,5% laer gesluit.
“Terwyl dinge voel soos die einde van die wêreld, bly ek risiko vermy in die afsienbare toekoms,” het Chris Weston, hoof van navorsing by die Pepperstone Group, gesê.
Trump sou Dinsdag “wesenlike ekonomiese maatstawwe” aangekondig het, maar daar het toe nie nuus daaroor gekom nie. Woensdagoggend het aandeeltermynkontrakte begin omswaai terwyl beleggers wag vir detail oor dié planne. Aandeelmarkte in Asië het gemengde vertonings gehad. Termynkontrakte op die S&P 500 het tot 2,6% in 'n stadium geval.
“Ons het Dinsdag 'n verligtingslopie gesien wat eenvoudig nie volhoubaar is nie,” het Kerry Craig, 'n strateeg vir internasionale markte van JP Morgan Asset Management in Melbourne, gesê.
Hy het gesê 'n vertraagde reaksie verhoog die risiko dat werkloosheid gaan toeneem omdat indiensneming nie groei nie. –Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie