Nog net sewe slapies!
Vandag oor ‘n week begin Inspirasie Tafels.
Op 15 en 16 September gaan die eerste leefstylekspo van sy soort in Namibië behoorlik geraas maak. Ná maande se beplanning en reëlings tref, het die oomblik van waarheid aangebreek.
Inspirasie Tafels beoog om eg Namibiese produkte van topgehalte aan Namibiërs bekend te stel en te verskaf.
“Met ure se beplanning agter die rug kan ons met trots sê wat ons ten toon gaan stel, is kreatief, vars en opwindend,” sê Bernice (??), een van die organiseerders van Inspirasie Tafels.
Hierdie twee dae lange ekspo sal Namibiërs opnuut laat besef plaaslik is lekker! Met van Namibië se topvervaardigers in elke kategorie, is dié ekspo die beste wat die land kan bied.
Uitstallers word volgens hul produkte gegroepeer om verwarring uit te skakel. Dekoruitstallers sluit in Unsleahed, Elke le Roux, DisHouwdt, Chameleon Glass Namibia, Kunshuis Design, House Hopping en Vanilla House Interior, Christelle van der Westhuizen, Hout + Kie, Katia’s Creations en Mooi Mooi.
In die allerlei-kategorie is Protea talk Blomme, Vagary, Kandipwa, Venture Media, Kitchen Aid, The Sequel, Canvas Compony, Scarlet Collective, Book Den en Soakuddly Beach & Kitchen.
Diegene wat in skoonheid belangstel, kan uitsien na Viver Fragracia en Desert Secrets.
Die Inspirasiespan het ook met die Helping Hand-inisiatief vorendag gekom - alles wat jy by die ekspo aanskaf, sal vir jou na jou kar gedra word. Gemakliker gaan jy nie kry nie!
As jy teen dié tyd nog nie planne gemaak het om by Inspirasie Tafels uit te kom nie, gaan niks anders jou oorreed om weer in jou land en sy mense te glo nie.
Kry jou kaartjies vandag by www.today.com.na/events

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie