Nog ontsouting kom noord van Henties
Des Erasmus - ’n Tweede seewaterontsoutingsaanleg kom vir die sentrale kus. Dit gaan noord van Hentiesbaai in samewerking met Duitse kundiges gebou word.
Die aankondiging van die tweede aanleg na die welslae op Wlotzkasbaken deur Areva van Frankryk, is op Swakopmund deur die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, gedoen. Anders as in die geval van Wlotzkasbaken gaan die suiwer, ontsoute seewater ook vir besproeiing in die dorsland van die Namib gebruik word.
In sy beleidstoespraak vir die Erongostreek het Mutjavikua gesê die ontsoute water sal ook gebruik word om as stabiele bron vir Hentiesbaai en Uis te dien. Hentiesbaai se bestaande waterbron is die Omdelskema. Tydens ’n afsonderlike byeenkoms vroeër in die week is die Omdelskema deur die Namibiese besturende direkteur van Areva, mnr. Hilifa Mbako, as droog verklaar. Uis se mense word nou al die afgelope weke met water deur twee watertenkvragmotors bedien.
In sy aankondiging van die tweede ontsoutingsaanleg deur Duitsland het Mutjavikua net na die aanleg as vir ’n “groen skema” en die oes van die jatropha-plant in die Namib verwys.
Toe hy ná die tyd op vrae deurRepublikein geantwoord het, het hy beklemtoon dat die onderhandelinge tussen die regering en die Duitse beleggers nog in ’n beginstadium is. Hy het wel beklemtoon dat die besproeiing vir die nie-toksiese tipe van die jatropha-plant gebruik gaan word.
Die aankondiging het saamgeval met ’n nuwe groeipunt wat op die roete geskep word met die bou van ’n teerpad van Swakopmund na Hentiesbaai en dan oor Uis na Kamanjab. Die verwagte groei en die verwagte toename in toerisme vir Hentiesbaai is reeds vir geweldige groei op die vakansieoord verantwoordelik.
Jatropha is in 2007 al bestempel as ’n uitstekende bron vir die vervaardiging van biodiesel. Die plante is bestand teen droogtes en peste en die saad van die jatropha bevat tussen 27% en 40% persent olie met ’n gemiddeld van 34,4 %. Ná die onttrekking van die olie kan die oorblywende reste van die jatropha-plante vir kragopwekking gebruik word. Ná die ontrekking van die olie kan die jatropha-koek van die nie-toksiese tipe ook as vis- en dierevoer gebruik word. Dit kan as bron vir biogas of as ’n organiese bemestingstof van hoë gehalte gebruik word.
Welslae word reeds in die droë en warm gebiede van Egipte, Indië en Madagaskar met jatropha behaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie