Nog reu00ebn vir Noorderiviere
Nog reu00ebn vir Noorderiviere

Nog reën vir Noorderiviere

Elvira Hattingh
Die Kunenerivier het Maandag teen 555 m³ per sekonde by Ruacana verbygestroom, terwyl die Zambezi- en Kavangorivier tans ook sterker as hierdie tyd verlede jaar vloei. Namibië se Hidrologiese Dienste sê satellietbeelde het vóór Maandag getoon goeie reëns kom in die Kunene-, Cuvelai-, Kavango- en Zambezi-opvangsgebiede in Angola voor. Me. Rona Botha Ash het dié foto’s van die Kunenerivier, soos gesien van die Kapika Waterfall Lodge af, geneem en op die Facebook-blad “Reën in Namibia” gedeel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer