Nog rusplekke op die taal wat ons praat
Des Erasmus - Selde het die taalpot nog so oorgekook soos nadat die deksel in hierdie kolom so effens gelig is.
Selwers was daar net 'n verset teen 'n praatmode waar Engels sommer in die middel van 'n suiwer Afrikaanse sin ingeprop is. Die kreet van “absolutely amazing” is as voorbeeld genoem. Toe skiet die prop van die woordkan af.
'n Ou Namibiese vriend word hier in die Mole raakgeloop met die Afrikaanse dagblad onder sy arm. Hy kuier net so 'n bietjie deur die land met 'n ou Engelse vriend uit die Oos-Kaap. In daai geweste is sy maat 'n ou taalboffin wat waarneem wat hy hoor en wat hy lees. Toe stel hy my aan die Anglikaan voor.
En ons gaan sit daar langsbeen waar wyle oom Werner se manne en vroue die koffie skink. Praat oor Tanya Bause se padbordjies in Engels om te waarsku oor pypleidings en 'n eie seuntjie in Step 1 wat in die gesinsmotor beleef vra waar die dorpie Danger dan lê. Toe kom sit Minette ook nog haar straaltjie by oor anglisismes, hogerige woorde en maakwoorde.
Sawwer as sy knoffelruik is die effense afwyking in die Engelsman se uitspraak se bra suiwer Afrikaans. Daar in sy kontrei is dit veral taalverbuigings wat in Afrikaans van Engelse woorde uitslaan. Die Engelse woord " dragooner" is een daar uit die Tweede Vryheidsoorlog. Dit was blykbaar die naam van 'n Britse vegeenheid wat daarvoor bekend was dat hulle nie speel nie. Hul vesting was by 'n hedendaagse spooraansluiting wat langer as 'n eeu gelede bekend was as Dragooner. Toe kom 'n Afrikaanser nageslag en maak die pleknaam Draghoender. Uit daardie jare van storm en stryd het ook die groter stasie Cook House gekom, blykbaar destyds ook 'n Kakievoorpos. Die Afrikaanssprekende besetters maak toe van die plek Kookhuis. Grahamstown het na 'n eertydse Graham verwys, maar die uitspraak verskil soos die ooste van die weste in die Afrikaanse Grahamstad.
So dwaal die gesprek af na die raakwoorde, veral uitdrukkings, van ons bruin vriende. Op een van die plase was die ganse arbeidsmag net van hulle, omdat die mense geweet het hoe om die goeie aarde te bewerk. Die voorman onder die werkerskorps was van 'n effense ouer geslag. Uit pure respek vir sy voormanskap en sy jare met sy groot wit baard het sy medewerkers hom Die Wolk genoem. Toe kom daar 'n ernstige verskil tussen die werkers en die werkgewer. Die boer stel sy saak en toe word van die werkers verwag om hul standpunt deur middel van hul voorman te stel. En sy kollegas spreek die voorman aan met 'n “Skud die wolk”.
By 'n soortgelyke geleentheid was daar 'n ernstige verskil tussen die werkers en een van hul makkers. Die man in die beskuldigdebank kom toe met 'n lang relaas om sy onskuld te bewys. Aan hom kom 'n berisping: “Jy kan nie van jou mond 'n skottel maak om jou hande in te was nie.”
'n Bolander wat aan 'n wynskou kom deelneem het, kom sit as 'n kennis daar by ons in die Mole aan. Hy't te vertelle van 'n episode uit die tyd van die Bolandse dopstelsel op die plase. Daai tyd van die jaar was die wingerdoes af en die wyn in kanne en kruike. Hermanus se jaarlikse uitspantyd het vir hom en sy gesin aangebreek. Vir die twee weke is elkeen se doppies vir die dag uitgewerk en netjies in houers afgemeet, sodat aan niemand tekort gedoen sou word nie. Met menslike swakheid is die wynrantsoen vir so 'n twee weke toe na so 'n dag of twee weg. Wat nou? So wil hulle van hul oudste Isak weet.
'n Gelukskoot was glo toe Isak op die sleutel van die wynkelder afgekom het. Dan stap hy in die middag voor met die werkersmag wat agter hom aantorring. En Isak sê owersteagtig: “Kom laat oubaas vir julle wyn gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie