Nog skandes in opposisie
Nog skandes in opposisie

Nog skandes in opposisie

Dani Booysen
Met die nare nadraai op Nudo se kongres nog vars in die geheue wil dit lyk of die onwaarskynlike koalisie wat die Workers’ Revolutionary Party (WRP) ‘n verrassende twee setels in die Nasionale Vergadering besorg het, ook finaal gaan uitrafel.

In 2014 het die WRP die sesde beste uit 15 opposisiepartye gevaar. ‘n Groot deel van die partye se meer as 13 000 stemme het gekom van voormalige lede van die destydse Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag en Koevoet.

Nie net word die party nou vir korrupsie met belastinggeld ondersoek nie, maar die kommunistiese kern wil die oorlogsveterane uit die parlement smyt. Die stremming in die rare huwelik – wat dalk uit die staanspoor tot ‘n egskeiding gedoem was – het van die begin gewys.

Ongelukkig is dit nie waar dat daar niks soos negatiewe publisiteit bestaan nie.

Diegene wat vir die WRP gestem het, moet teleurgesteld wees in die party se baie beperkte sigbaarheid.

Waar ‘n Facebook-lasteraar, selfaangestelde Duitse “minister” en ‘n ontkenner van die Nazi-volksmoord op die Jode betrokke raak, moet ‘n mens boonop wonder of daar nog enige gesonde verstande in ‘n party oor is.

Die ondersoek na die WRP se geldsake moet almal herinner dat staatsbefondsing suiwer daar is om die demokrasie te versterk. Dit is ‘n ope vraag hoe skoon alle partye se hande in dié saak is.

Die kans op ‘n herhaling van die WRP se sukses by die stembus in 2019 kan ‘n mens waarskynlik op jou maag skryf en met die hemp afvee.

So sê ander

8 Junie 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die verwagtinge van die Vereniging van Staatsdienswerkers (PSA), wat nou dreig met ’n staking, sal met ’n stewige skeut realisme getemper moet word.

Meestal – nie net in Suid-Afrika nie – ontaard staatsdienste in onbeweeglike stukke burokrasie wat flinke diens en inisiatief smoor. En in Suid-Afrika se geval het die ANC-regering bowendien toegelaat dat die staatsdiens verval tot ’n verpolitiseerde remskoen wat boonop heeltemal te groot is in verhouding tot die gebrekkige diens wat dit lewer.

Dit is toe nog ’n stappie verder gevoer met die kaping van groot gedeeltes van die staatsdiens.

Suid-Afrika kan eenvoudig nie nou ’n uitgerekte staatsdiensstaking of hoë loonverhogings bekostig nie.

En Suid-Afrikaners het intussen die geregverdigde verwagting op beter diens van die staat. Slaan dus dalk ag op pres. Cyril Ramaphosa se oproep “thuma mina – stuur my” en sit eers die diens terug in staatsdiens.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!