Nog skole deel van Eduvision-projek
Nog skole deel van Eduvision-projek

Nog skole deel van Eduvision-projek

Opleiding in aanlyn onderrig is aan 10 onderwysers van twee skole verskaf.
Danksy ’n skenking van N$386 419,40 deur NamPower is nog twee skole nou deel van Edugate Academy se Eduvision-projek.

Die twee skole, die Senior Sekondêre Skool Okakarara en Junior Sekondêre Skool Waterberg is nou saam met die Sekondêre Skool Tsumkwe deel van Eduvision se projek vir aanlyn onderrig.

Opleiding is aan 10 onderwysers van die twee skole verskaf wat ook by die projek aangesluit het, terwyl slimborde (smart boards) ook vir die aanlyn onderrig geïnstalleer is.

Die amptelike bekendstelling van die projek by die betrokke skole is deur die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Ester Anna Ngipondoka, verskeie hooggeplaastes in die Otjozondjupastreek en die goewerneur, mnr. Otto Ipinge, bygewoon.

Ipinge het onderwys as ’n belangrike hoeksteen vir enige land se vooruitgang beskryf, terwyl Ngipondoka leerlinge aangemoedig het om hul skoolwerk ernstig op te neem en die program na die beste van hul vermoëns te benut.

Tydens die bekendstelling is die slimbord se funksies aan onderwysers en leerlinge verduidelik, terwyl voorbeelde van opgeneemde lesse vertoon is en regstreeks tussen Edugate Academy en die Senior Sekondêre Skool Okakarara oorgeskakel is.

Ongeveer 500 lesse in vakke soos wiskunde, biologie, chemie en wetenskap is reeds beskikbaar vir leerlinge om te gebruik.

Edugate Academy se toekomsdroom is dat elke leerling in die land en veral op die platteland toegang tot dié lesse sal hê.

NamPower, B2Gold Namibia, First Rand, G&B Brokers, Namib Mills, Northern Fuel, Paratus, Petrosol, SGA en Telecom ondersteun die projek reeds.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!