Nog skote klap in Nairobi ná aanval op Dusit Hotel
Die slagoffers van die aanval het by die Secret Garden-restaurant gesit en eet.
Nog ’n ontploffing en geweerskote is gehoor by die Dusit Hotel in Nairobi, Kenia, wat Dinsdag deur lede van die militante groep Al-Sjabaab aangeval is en waar minstens 15 mense dood is.
Die nuusagentskap AP berig geweerskote is gehoor nie lank nadat mense wat oornag in die hotel vasgekeer was, vrygelaat is nie.
Die regering sê die toneel word opgeruim, en het nie inligting bekend gemaak oor wat van die aanvallers geword het nie.
Minstens vier mense met vuurwapens het Dinsdagmiddag tydens ’n ontploffing op ’n hotel in Nairobi, Keniaanse hoofstad, toegeslaan.
Daar was ’n kragtige ontploffing en toe aanhoudende geweervuur.
AL-SJABAAB
Al-Sjabaab het later verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Die terreurgroep Al-Sjabaab voer gereeld aanvalle in Kenia uit. Etlike mense het in 2013 in so ’n aanval in ’n winkelkompleks gesterf met bykans 150 studente wat in 2015 by ’n universiteit dood is.
“Ons sit agter die aanval in Nairobi. Die operasie duur voort,” het Abdiasis Aboe Moesab, woordvoerder van Al-Sjabaab se militêre operasies, aangekondig.
Al-Sjabaab voer aan dat sy aanvalle in Kenia uit weerwraak is vir Keniaanse weermag wat in Somalië ontplooi is. Die land bevind homself sedert 1991 in ’n burgeroorlog. Die Keniaanse troepe, wat in die suide is, het aanvanklik Somalië binnegedring om ’n buffersone langs die Keniaanse grens te skep.
Dié soldate is nou deel van die Afrika-unie se vredesmag wat die Verenigde Nasies-ondersteunde sentrale regering ondersteun.
Die slagoffers van die aanval het by die Secret Garden-restaurant gesit en eet.
Reuters berig foto’s van die toneel dui daarop dat van die slagoffers by hul tafels dood is.
Altesaam 11 Keniane, ’n Amerikaner en ’n Brit is tydens die aanval vermoor, terwyl twee lyke nog nie geïdentifiseer is nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie