Nog te vroeg om olie se doodsberig te skryf
Die Internasionale Energie-agentskap voorspel in sy jongste verslag dat die energiemark drastiese veranderinge sal ondergaan.
Francois Williams
Dis nog gans te vroeg om olie se doodsberig te skryf, maar die skerp afname in die koste van sonkrag en groeiende elektrifisering gaan die internasionale energiemark oor die volgende 20 jaar drasties verander.
So lui die voorspellings in die Internasionale Energie-agentskap (IEA) se jongste World Energy Outlook wat Dinsdag bekend gemaak is.
Die IEA, 'n energie-dinkskrum van die groot nywerheidslande, reik elke jaar die World Energy Outlook uit as scenario-beplanner vir die volgende paar dekades.
Hiervolgens verwag die IEA dat die wêreld se groeiende energiedors oor die volgende kwarteeu eers deur hernubare energie en aardgas geles sal word namate sonkrag die goedkoopste bron van nuwe kragopwekking word.
Die internasionale energievraag sal teen 2040 30% hoër as tans wees, maar dit is steeds die helfte minder as wat dit sonder enige verbeterings in doeltreffendheid sou wees.
Die IEA voorspel wel dat die bloeityd vir steenkool verby is.
Hoewel die vraag na olie steeds toeneem, sal die groei nie meer so sterk wees nie namate die verkope van elektriese voertuie skerp styg.
Die World Energy Outlook sê vier kragte sal die energiemark transformeer:
1. Amerika sal – danksy sy tegnologiese verbeterings in die ontginning van skalie-olie en -gas – die wêreldleier in olie en gas word, en teen die middel van die volgende dekade die grootste uitvoerder van vloeibare aardgas en teen die einde van die 2020's 'n netto olie-uitvoerder wees.
2. Vanweë dalende kostes brei hernubare energie vinnig uit. Fotovoltaïese sonkrag sal die vinnigste groei danksy die beleid in China en Indië. Ná 2030 sal windkrag die voorste bron van elektrisiteit in Europa wees.
3. Elektrisiteit se aandeel in die energiemengsel sal groei, veral in die lig van regerings wat elektriese voertuie bevorder. Hoewel batterykostes ook daal, sê dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die IEA, is dit nog te vroeg om olie af te skryf. Die groei in die vraag na olie vir vragmotors, lugvaart, petrochemikalieë en die skeepsbedryf sal die vraag na olie steeds laat toeneem.
4. China se nuwe ekonomiese strategie wat op skoner krag berus, het implikasies vir die wêreld se energiemarkte.
Hoewel die World Energy Outlook verwag dat die olievraag tot 2040 gaan groei, sal dit namate die skuif na elektriese voertuie 'n draaipunt bereik vir die gebruik van olie vir passasiersmotors, al sal die motorvloot tot 3 miljard voertuie verdubbel.
Die verslag sê baie min oor kernkrag, behalwe dat China, wat sowel kernkrag as wind- en sonkrag en elektriese voertuie betref, teen 2040 die leier sal wees. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie