Nog twee nasies knak voor jongspan
Nog twee nasies knak voor jongspan

Nog twee nasies knak voor jongspan

Rolskaatshokkie
Tielman van Lill
Namibië se junior mans rolskaats­hokkiespan het hard terugbaklei by die World Roller Games in Nanjing, China.

Chinese Taipei en Duitsland moes ook Woensdag die knie buig voor die Namibiërs wat nou in drie wedstryde op 'n streep onoorwonne is.

Afrigter Matthew Wojcik se span het in die eerste ronde laaste in groep D klaargemaak ná nederlae teen Frank­ryk met 8-1 en teen Spanje met 6-2, maar daarna het die seuns hul voete gevind en hou Brittanje tot 'n ­gelykopuitslag met 4-4.

Die toptwee lande in elke groep het dus na die volwaardige Wêreldbeker gevorder, terwyl die derde en vierde plekke hul plekke in die Nasiesbeker ingeneem het.

Namibië se eerste wedstryd Woensdag was teen Chinese Taipei vir wie hulle met 5-1 oorrompel het. Op dieselfde dag en agt ure later was Duitsland hul volgende opponent vir wie hulle met 6-2 geklop is. Vyf van Namibië se doele was reeds in die eerste helfte aangeteken, terwyl die Duitsers eers die doelhok in die tweede helfte kon tref.

Met dié oorwinnings agter die rug was die Namibiese spelers gemotiveer omdat dit hulle binne bereik van 'n medalje geplaas het. Namibië sou gister teen Kanada (derde in Groep B) op die baan skaats. Kanada het teen Indië gewen, maar teen Italië en Colombia verloor. Die volgende lande wat die Namibiërs moet trotseer, is Brittanje en Nieu-Seeland.

Matthew Wojcik, afrigter van Namibië, is opgewonde oor hoe sy span op dreef gekom het.

“Die resultate is beslis nie 'n aanduiding hoe goed ons gespeel het nie. Daar is 'n geweldige groot verbetering in ons spel teenoor die vorige jaar en ons was kompeterend teen groot lande soos Brittanje, Kanada en Nieu-Seeland. Ons kan hulle klop,” reken hy.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!