Nokia herwin van sy glorie
Finland se grootste handelsnaam, Nokia, is terug met mening.
Nokia se handelsnaamwaarde het volgens Brand Finance die afgelope jaar met 56% na €4,4 miljard gestyg.
Dit is egter ver weg van Nokia se handelsnaamwaarde in sy gloriedae. In 2008 het die maatskappy sy piek bereik, met ’n waarde van €22,5 miljard. Hy was toe volgens Brand Finance se berekeninge die wêreld se negende grootste handelsnaam.
Ondanks die onlangse herlewing is Nokia vandag maar slegs die 341ste grootste handelsnaam ter wêreld.
“Sy stadige antwoord op die opkoms van slimfoontegnologie het gelei tot ’n agteruitgang op die hakke van Apple en Samsung,” sê Brand Finance.
Nokia se handelsnaamwaarde het in 2014 na ’n laagtepunt van €1,5 miljard gedaal, maar ná ’n “tydperk van konsolidasie is Nokia weer goed op die herstelpad”.
Die maatskappy het sy afdeling vir mobiele toestelle in 2014 verkoop en gefokus op sy netwerk-afdeling.
Die handelsnaam het egter in 2017 sigbaarder geword.
HMD Global het in 2016 die eksklusiewe regte bekom om vir die volgende tien jaar die Finse handelsnaam te gebruik en het sedertdien talle fone onder die Nokia-handelsnaam uitgereik, onder meer die ikoniese Nokia 3310.
Brand Finance waardeer die handelsname van die wêreld se grootste maatskappye met ’n bepaalde metodologie, wat insluit om die handelsnaam se sterkte te bepaal.
Volgens Brand Finance is die wêreld se waardevolste handelsnaam tans Google. Google se handelsnaamwaarde het in 2016 met 24% tot US$109,4 miljard gestyg, lui die jongste Brand Finance Global 500-verslag.
Amerikaanse handelsname oorheers Brand Finance se lys. Slegs twee maatskappye in die toptien is nie van die VSA nie.
Samsung, in die sesde plek, is van Suid-Korea en ICBC, van China, is in die tiende plek.
Die maatskappye met die waardevolste handelsname
1. Google (US$109,470 miljard)
2. Apple (US$107,141 miljard)
3. Amazon (US$106,396 miljard)
4. AT&T (US$87,016 miljard)
5. Microsoft (US$76,265 miljard)
6. Samsung (US$66,219 miljard)
7. Verizon (US$65,875 miljard)
8. Walmart (US$62,211 miljard)
9. Facebook (US$61,998 miljard)
10. ICBC (US$47,832 miljard)
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie