Nomad skep eiesoortige Namibiese kortalbum

Yandi Du Plessis
Kusredaksie

Die Afrikaanse hip-hop-kunstenaar Lorenzo (Nomad) Beukes reik binnekort sy nuwe kortalbum (EP) Los Enchies uit – wat uit vyf snitte bestaan.

Hiervoor het hy kragte met die musiekvervaardiger David Jonathan (Vanilla Dave) de Beer saamgespan.

Die kortalbum sal na verwagting op 25 Februarie uitgereik word.

“Los Enchies is ’n slenguitdrukking vir “los sigarette” en is ’n metafoor vir die daaglikse stryd wat Namibiese musikante ervaar.

“As ’n Namibiër werk ek hard om volhoubare kuns te skep wat gesien kan word as ’n katalisator vir ’n kunstenaarslewe in ’n land waar die meeste mense nie die musiekbedryf ernstig opneem nie. Die liedjies is basies ’n los versameling wat nie net hul lekkerluisterfaktor in gemeen het nie, maar ook ’n ‘grunge’ siening van hip-hop in Namibië en Suider-Afrika in die algemeen uitbeeld,” het Nomad verduidelik.

Die EP bevat vyf “ouskoolse” informele hip-hop- en rocksnitte en is propvol slim lirieke en unieke kitaar-riffs.

Deur die gebruik van slim woordspeling, metafore en bekende Afrikaanse frases, skets Nomad ’n pittige prentjie wat die luisteraar na spesifieke tye sal meevoer.

“Die EP fokus op aktuele sake sowel as histories relevante gebeure om hierdie eiesoortige Namibiese hip-hop EP te skep.”

Vanilla Dave, wat as sosialemediabestuurder en inhoudskepper sowel as junior klankingenieur en hip-hip-vervaardiger by Nautilus Studios Namibia werk, is ’n veelsydige kunstenaar wat – as vervaardiger – homself druk om nuwe kombinasies van klank en genres te skep.

“Ek skep om te ontsnap, wat my toelaat om my emosies te neem en dit in iets tasbaar te omskep. Die beste deel is dat ek ná die kreatiewe proses die redes vergeet waarom ek aanvanklik wóú ontsnap.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!