Nood in gemeenskappe 'geweldig'
"Ek het geweet hier is pyn, maar ek het nooit besef dit is so groot nie. Hier is baie, baie ellende," sê die oudonderwyser en burgemeester, mnr. Basil Brown van Keetmanshoop. Brown het op eie stoom broodnodige kospakkies in die gemeenskappe van Krönlein en Tseiblaagte begin uitdeel. 'n Inwoner wie se lot hom veral geraak het, was dié van 'n verlamde man wat in 'n saamgeflansde huisie bly. "Hy het geen papiere nie en ontvang geen toelaag van die regering nie. Die mense om hom ontferm hulle oor hom," vertel Brown. Brown gaan nou vir hom 'n nuwe sinkhuis bou. Enige persoon wat enige bydrae tot die kospakkies wil maak of betrokke wil raak, kan vir Brown by 081 879 2088 skakel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie