Noodfonds vir kunste sit bal aan die rol
Uit ’n verligtingsfonds wat in Junie vanjaar van stapel gestuur is om die kunsbedryf te ondersteun, is ‘n bedrag vir die eerste aansoekronde goedgekeur.
Yandi du Plessis
Die Namibiese Kunsteraad (NACN) se Covid-19-verligtingsfonds, onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, is van stapel gestuur met die doel om diegene in die kuns- en kultuurbedryf wat swaar trek onder die impak van die Covid-19-pandemie te ondersteun. ’n Totale bedrag van N$5,5 miljoen is hiervoor begroot. Individuele kunstenaars, asook enige individu, groep of geregistreerde organisasie wat deel vorm van die kuns- en kultuurbedryf kan om dié fonds aansoek doen.
Uit die verligtingsfonds wat in Junie vanjaar van stapel gestuur is, is ‘n bedrag ten bedrae van N$302 300 reeds vir die eerste aansoekronde goedgekeur.
Luidens ’n mediaverklaring wat verlede week deur die NACN uitgereik is, het 20 individue en 15 organisasies reeds aansoek gedoen. Geen aansoeke is van groepe ontvang nie. Dié wie se aansoeke geldig is, is deur ’n spesiaal verkose komitee beoordeel. Die komitee bestaan uit sewe individue uit die openbare en privaatsektore wat kundiges is op die gebied van kuns, kultuur, erfenis, kunsvlyt, musiek, media en regte.
Die volgende uitslae sal op 13 en 28 Augustus, 17 September en 1 en 15 Oktober bekend gemaak word. Aansoeke is tot 30 September 2020 oop. Verdere inligting is op die NACN se webblad beskikbaar.
Aansoekvorms is landswyd by streekkantore van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beskikbaar.
Gestremdes, mense uit gemarginaliseerde gemeenskappe en landelike en/of inheemse groepe sal voorkeur geniet. Die NACN moedig mense uit alle oorde van die kuns- en kultuurbedryf aan om aansoek te doen. - [email protected]
Grys blok
Suksesvolle aansoeke
Individue (N$2 000 elk):
1. Mnr. Eveson Hermann: Literatuurbevordering, Erongostreek
2. Mnr. Micheal Namaseb: Uitvoerende kunste, Khomasstreek
3. Mnr. Simon Mwaundjange: Visuele kuns, Khomasstreek
4. Mnr. Victor Mubiana: Kunsvlyt en ontwerp, Zambezistreek
5. Me. Willenina Hases: Kunsvlyt, Khomasstreek
Organisasies
1. Free Your Mind Entertainment: Komedie (uitvoerende kunste), Khomasstreek N$61 000
2. Obetja Yehinga Organisation Trust: Dans (uitvoerende kunste), Khomasstreek, N$50 000
3. Pencilled Casting: Kreatiewe bedryf, Khomasstreek, N$72 500
4. Playaville Theatre School, Teater (uitvoerende kunste), Oshikotostreek, N$74 200
5. Die Ongoma Trust, Musiek (uitvoerende kunste), Khomasstreek, N$34 600

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie