Noodkreet teen misdaadvlaag

Inwoners van Okandjengeni-Suid op Oshakati beweer die polisie werk met misdadigers saam en sê hulle leef in vrees.
Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen die Namibiese polisie, wat ook die geleentheid bygewoon het, uitgespreek is.

“Elke week word by 'n huis in hierdie gebied ingebreek. Ons weet wie die misdadigers is, want hulle bly tussen ons.

“Ons leef in vrees, want die polisie werk saam met die misdadigers,” het een inwoner gesê.

Hy het ook gekla oor 'n verlate huis in Okandjengeni-Suid waar 'n aantal misdadigers glo woon wat inwoners met messe dreig en hulle van hul selfone beroof.

'n Ander inwoner het oor die polisie se gebrek aan besorgdheid teenoor inwoners gekla.

“Elke keer as ons die polisie se hulp vra, vra hulle ons waarom dit altyd ons in Okandjengeni-Suid is wat probleme het? Hoe verwag julle ons moet die polisie vertrou as hulle nie bereid is om ons by te staan nie?” het 'n ander inwoner gevra.

Die inwoners sê ook die polisie se antwoord is gewoonlik hulle het nie genoeg voertuie nie en dat hulle dus nie kan help nie.

Die gebied loop glo gereeld onder huisbrake en kleiner misdade soos sakkerollery deur. Gevalle van seksuele aanranding en verkragting is ook aangemeld.



DRANK- EN DWELMMISBRUIK

Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, het op die inwoners se klagtes gereageer en volgens hom is die probleme te wyte aan drank- en dwelmmisbruik in die gemeenskap.

“Wanneer ons hierdie mense in hegtenis neem, verskyn hulle in die hof en telkens kan hulle nie onthou wat hulle die vorige aand gedoen het nie,” het hy gesê.

Hy het versoek dat inwoners nie hul kinders moet stuur om vir hulle tombo te koop nie en hulle eerder moet aanmoedig om op hul skoolwerk te fokus.

Hy het die gemeenskapslede aangeraai om 'n buurtwag te begin en om met die polisie saam te werk.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!