Noodtoestand in ander gedaante
Die Namibiese regering het met die bekendmaking verlede week van die Covid-19-regulasies onder die Wet op Openbare en Omgewingsgesondheid, Wet 1 van 2015, sy onvermoë gewys om die samelewing logies, sinvol en bevorderlik vir ekonomiese herstel te ontsluit - tot groot frustrasie van die nasie.
Om van die ongrondwetlikheid van die regulasies wat die “nuwe normaal” moet orden, nie eens te praat nie.
’n Mens kan nie anders nie as om te wonder of die opstellers daarvan nie net teruggeblaai het na die vorige regulasies en gedeeltes daaruit geknip en plak het sonder inagneming daarvan dat die noodtoestand nie meer geld nie.
Die gevolg is dat hierdie regulasies niks anders is nie as ’n verdoeseling van die noodtoestand binne die raamwerke van ‘n ander wet nie.
Die ondemokratiese en totalitêre bestel van die afgelope ses maande duur in die naam van Covid-19 gevolglik voort.
Die toerismebedryf moes Donderdag en Vrydag rondgeskarrel het om antwoorde by die owerhede oor die verwarrende kwarantynregulasies wat teenstrydig is met vorige aankondiging. Dít nadat die bedryf reikhalsend uitgesien het na die mate waartoe oop grense en billike reëls vir die toets van toeriste op hul vyfde dag in die land, dit vir voornemende besoekers aanloklik sou maak.
Verskeie regskenners en aktiviste het die afgelope maande kommer uitgespreek oor die skynbare onskuldige manier waarop soldate polisiebeamptes geword het, met min of geen openbare toesighouding oor militaristiese magsvergrype nie.
Onder die nuwe regulasies is die tafel opnuut gedek vir sulke vergrype om voort te duur.
Namibië is moeg vir hierdie oorregulering.
Ons word nie meer geflous met die verduideliking dat dit vir ons eie beskerming is nie.
Die nuwe normaal moet ons grondwet eerbiedig.
SO SÊ ANDER
Rapport, 27 September 2020
Geen rede vir inperk oor Covid se ‘2de golf’
Toe pres. Cyril Ramaphosa in Maart ’n grendelstaat van drie weke aangekondig het, was betroubare Covid-19-data nog bra skrams.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het geglo 3,4% van mense wat die virus opdoen, sterf. Dié syfer, asook sprake van massagrafte oorsee, het paniek gesaai.
Suid-Afrika se inperking was een van die strafstes.
Ons weet nou dat daar lande was sonder inperkings, maar met laer infeksiekoerse, en lande mét inperking en hoë infeksiekoerse, en dat daar geen eenvoudige verband tussen inperkings en ’n goeie virus-uitkoms is nie.
Ons weet dat die persentasie mense wat Covid-19 kry en daarvan sterf so laag is as 0,3% (so sê Discovery Health) of selfs 0,2% (volgens Belgiese wetenskaplikes).
Terwyl Suid-Afrikaners verhonger; terwyl honderdduisende siekes se ander kwale – soos kanker en tuberkulose – ongediagnoseer en onbehandel bly; terwyl ons ekonomie instort en terwyl die hospitale léég is, maak ons regering vir ’n verskerping van die inperking gereed.
Die enigste moontlike verduideliking hiervoor is die staat se drang na mag en die publiek se irrasionele vrees vir ’n gewaande siekte wat veel dodeliker as die regte Covid-19 is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie