Noodtoestand in Hawaii nadat vulkaan uitbars
’n Noodtoestand is afgekondig nadat Kilauea, een van die wêreld se mees aktiewe vulkane, Vrydag naby ’n woongebied op die Hawaii-eiland uitgebars het.
Volgens die BBC is 1 700 inwoners van ’n deel van Leilani Estates in die Puna-distrik ontruim.
Hawaii se burgerlike beskermingsagentskap het getwiet dat uiters hoë vlakke van swaeldioksied in die ontruimingsgebied voorkom.
Gemeenskapsentrums is oop en bied skuiling aan inwoners.
Die uitbarsting volg op honderde aardbewings sedert Maandag in die oostelike deel van die eiland.
Pu’u O’o, ’n vulkaniese krater, het vroeër verlede week ingestort en lawa het oor sy wande na die woongebied gestroom.
Amptenare het inwoners vandeesweek gewaarsku om voor te berei om te ontruim aangesien ’n vulkaniese uitbarsting skielik kan gebeur.
Maija Stenback, ’n inwoner van Leilani Estates, sê hulle kon die uitbarsting voel.
Sy sê hulle is ’n paar uur gelede ontruim en gaan tuis by vriende.
Volgens Stenback was die uitbarsting 30 minute nadat dit gebeur het reeds op sosiale media.
“Ek en my dogter het gaan kyk en jy kon dit meer as ’n halfmyl ver hoor en voel – hoe nader jy gegaan het – hoe meer kon jy dit voel.
“Dit het gevoel asof iemand baie hard bas speel en jy kon dit voel. Jy kon regtig die krag van die lawa voel – die kleur van die lawa is ongelooflik en ook die klank.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie