Noodtoestand in SA: Dís wat dit sou behels
Inligting het in Suid-Afrika uitgelek oor voorgestelde konsepregulasies wat tydens ‘n noodtoestand sal geld.
Jan Gerber - Konsepregulasies vir ’n noodtoestand in Suid-Afrika gee die president die mag om ’n beheerbeampte aan te stel wat verreikende magte het, soos om beperkings te plaas op die verspreiding van inligting.
Dié beampte, wat as ’n “billike lid van die veiligheidsdiens” beskryf word, kan mense sonder ’n lasbrief in hegtenis neem.
Hierdie inligting word vervat in ’n uitgelekte dokument van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat voorgestelde konsepregulasies bevat. Die presidensie het Dinsdag ontken dat hy betrokke was in die opstel van die regulasies wat tydens die afkondiging van ’n noodtoestand ingestel sal word.
News24 het die dokumente van die SANW se regsdiensafdeling in die hande gekry.
Die presidensie word nie in die dokumente by die projek betrek nie. Volgens die dokumente is ’n interdepartementele taakspan, wat die departement van verdediging insluit, verlede jaar reeds aangestel om “te begin om die konsepregulasies op te stel”. Daar staan egter nie wie dié taakspan aangestel het nie.
Die 30 mense wat in Oktober na ’n slypskool genooi is, is almal militêre offisiere.
Een van die dokumente sê pertinent die SANW “speel ’n aktiewe rol om die regulasies tydens ’n noodtoestand af te dwing”.
Die konsepregulasies is ’n konsepdokument, wat deur die taakspan aangepas sal word afhangende van die omstandighede van ’n spesifieke noodgeval
“Die konsepregulasies is ’n konsepdokument, wat deur die taakspan aangepas sal word afhangende van die omstandighede van ’n spesifieke noodgeval. Die regulasies sal eers daarna deur die president onderteken en uitvaardig word,” lui die dokumente.
As ’n lid van “’n veiligheidsdiens” van redelike of billike mening is dat hy in belang van vrede optree, mag hy of sy:
· “In ’n luide stem en in een van die amptelike tale” te beveel dat mense ontruim na ’n plek wat deur die beampte bepaal word of om spesifieke optrede te staak.
· Mense te ontwapen.
· Inhegtenisnemings sonder ’n lasbrief uit te voer.
· ’n Persoon wat in hegtenis geneem is te ondervra.
· Enige plek, perseel, gebou of voertuig sonder ’n lasbrief te betree.
· Enige plek of persoon te deursoek.
· Enige voertuig te onderskep.
· Enige persoon se volle naam, adres en identifikasie te vra.
Die president is ook luidens die dokumente by magte om ’n beheerbeampte vir ’n sekere gebied aan te stel, wat by magte is om:
· ’n Aandklokreël in te stel.
· Infrastruktuur vir dienslewering te beheer.
· Kommentaar of nuus oor die oorsaak van die noodtoestand te beheer, verbied of te reguleer.
· Noodplanne in werking te stel.
· Openbare veiligheidsplanne in te stel, insluitende om vuurwapens en alkohol te verbied en
· Enige ander maatreëls in te stel wat in die beampte se redelike opinie nodig is om die openbare veiligheid te verseker.
Daar is ook ’n konsepdokument wat voorsiening maak om die internet in Suid-Afrika af te skakel.
Volgens die Grondwet mag ’n noodtoestand slegs afgekondig word wanneer die “die lewe van die nasie bedreig word deur ’n oorlog, die land ingeval word, die bevolking in algemene opstand kom, wanorde, ’n natuurramp, of ander openbare noodgeval, en die afkondiging noodsaaklik is om vrede en orde te herstel”.
Dit mag ook nie langer as 21 dae lank duur sonder goedkeuring deur die parlement nie.
Die parlement is ook by magte om enige sulke regulasies, ordes, reëls of verordeninge af te keur.
Die Grondwet maak ook voorsiening vir die howe om ’n noodtoestand in twyfel te trek of om ’n oordeel te vel oor die geldigheid van die dade van beamptes tydens so ’n toestand. – News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie