Noodtoestand nie verleng, inperkingsmaatreu00ebls verslap
Noodtoestand nie verleng, inperkingsmaatreu00ebls verslap

Noodtoestand nie verleng, inperkingsmaatreëls verslap

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het pas aangekondig die ses maande noodtoestand wat om middernag verstryk, word nié verleng nie.
Die situasie rakende nuwe infeksies in die land sal egter die volgende twee weke noukeurig gemonitor word.
Die verantwoordelikheid om die verspreiding van die virus te beheer, berus nou by elke Namibiër deur maskers te dra en veilige afstande met ander mense te handhaaf.
“Ons moet leer om met die virus saam te leef,” het die president gesê.
In kort is die volgende aangekondig:
Namibië beweeg na fase 5.
Die Khomasstreek se inwoners kan weer vrylik in die land beweeg.
Die aandklokreël word opgehef.
Nagklubs, kroeë, sjebeens en dobbelhuise heropen.
Die dra van maskers bly verpligtend.
Die maksimum getal mense by saamtrekke bly 50.
Drank mag net tot 22:00 by restaurant, kroeë en sjebeens bedien word.
Kontaksport mag hervat word.

Foto: Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!