Noodvergadering nu00e1 chemiese aanval in Siriu00eb
Noodvergadering nu00e1 chemiese aanval in Siriu00eb

Noodvergadering ná chemiese aanval in Sirië

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gister vergader midde kommer wat oplaai oor die toestande in Sirië ná die jongste aanval met vermoedelik chemiese wapens.
Ronelle Rademeyer
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) het gister ’n noodvergadering gehou ná ’n vermeende chemiese aanval in Sirië waarin talle mense dood en beseer is, berig Reuters.

Die dodetal het teen gister tot 72 gestyg terwyl nooddienswerkers en reddingspanne teen tyd gewerk het om vreesbevange oorlewendes uit skuilings in die gebied van die aanval te red.

Dié aanval op ’n rebelbeheerde dorp het hewige internasionale reaksie uitgelok met Amerika en ander lande wat die Siriese regering vir die aanval blameer.

Amptenare in die hoofstad, Damaskus, ontken die gebruik van die soort wapens wat in die aanval ontplooi is.

Frankryk en Brittanje het versoek dat die noodvergadering gehou word te midde van toenemende internasionale ontevredenheid oor die aanval op Khan Sheikhoun in die provinsie Idlib.

Volgens ’n berig op die VN se webwerf het António Guterres, die VN se sekretaris-generaal, Dinsdag gesê hy is ontsteld oor die nuus van die aanval.

Die gebruik van chemiese wapens is “’n ernstige skending van internasionale reg” en is teenstrydig met besluite wat deur die VN geneem is.

Die organisasie vir die verbod op chemiese wapens (OPCW) versamel en ontleed inligting om te bevestig of chemiese wapens wel in die aanval gebruik is.

Die Amerikaanse regering glo Sarin is in die aanval gebruik en dit is “byna seker” dat dit deur magte wat lojaal is aan die Siriese president, Bashar al-Assad, uitgevoer is.

Die aanval het ook tot politieke verwyte gelei.

Donald Trump, die Amerikaanse president, het die “gruwelike optrede deur die Bashar al-Assad-regime,” veroordeel, maar ook die skuld op sy voorganger, Barack Obama, geplaas oor sy “swakheid” in sy betrekkinge met Sirië.

’n Lid van die Siriese opposisie sê die aanval is ’n gevolg van die onlangse Amerikaanse verklaring wat dui op ’n fokus om die Islamitiese Staat se militante stop te sit eerder as om Assad te verdring. –Netwerk24/Reuters/Unicef

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!