'Nooit, nooit, nooit klaar met teater'

Sandy Rudd oor haar aftrede
Elvira Hattingh
Meme Mia!, The Lesson, Charley and the Chocolate Factory, Complete Works of Shakespeare, Come to the Waterhole, Aladdin Musical, The Creation en Come To The Village is enkele items op Sandy Rudd se lang lys teaterproduksies waarmee sy mense reeds sedert 1982 vermaak.
Die alombekende teaterpersoonlikheid het onlangs afgetree as dosent, direkteur en teaterbestuurder by College for the Arts (Cota), maar sê sy is geensins klaar met die teater nie.
“Nooit, nooit, nooit nie! Ek kan nie my lewe indink sonder dat ek besig is om aan ? teaterproduksie of twee te dink of dat ek nie iewers in ? skool of in ? gemeenskap werk nie,” sê Sandy, wat nou as ? vryskutregisseur en vervaardiger werk en amptelik na haarself as ? “teaterpersoon” verwys.


Ek gaan nêrens
“Ek hou daarvan om te dink dat ek nie nou al weggaan nie,” sê sy.
Sy is tans saam met Lize Ehlers regisseur van Joseph & His Amazing Technicolor Dreamcoat, waar hulle met van Song Night se sangers en Emma Kakona van die Amazing Kids Private Skool en Akademie werk. Die produksie word vir September vanjaar voorberei.
In November beplan sy om na Osnabrück in Duitsland te gaan, waarna sy saam met van die beste Namibiese kunstenaars en GDR-kinders (Namibiese kinders wat in Oos-Duitsland of die destydse Duitse Demokratiese Republiek grootgeword het) Stories from Exile die lig in beide Duitsland en Namibië sal laat sien.
Die produksie, wat in Windhoek en Oshakati op die planke sal kom, vorm deel van die 2016 Afrikafestival in Osnabrück.
“Dit is ? storie wat ek vir baie jare al wou doen. Ek sal nóú saam met baie van die jong volwassenes werk wat deel van dié uitsonderlike verhaal was,” sê Sandy.
In Oktober sal sy Shakespeare in the Car Park vir ? tweede keer op die planke bring. “Mense vra my daagliks om dit weer te doen. Sister Namibia het ook gevra dat ek iets in Oshakati moet doen vir 16 dae se aktivisme teen geslagsgeweld en ek is op pad Grahamstown toe.
“My lewe is dus nie op die oomblik vervelig nie!” sê Sandy.


Terugblik
Sandy se liefde vir teater het in die Lusaka Playhouse begin, waar sy op vyfjarige ouderdom ? skoledansproduksie gespeel het.
“Daarna het ek betrokke geraak in alles wat met teater te doen gehad het. Ek het in Malawi, Zambië en Zimbabwe gewoon – alles lande met ? sterk komponent van amateurteater. Ek het toe in The Sound of Music, Annie Get your Gun, South Pacific en verskeie musiekproduksies gespeel – vandaar my liefde vir musiekproduksies.
“Ek was mal daaroor om Meme Mia! enkele jare gelede in Namibië te kon aanbied en hoop om eendag ? Namibiese weergawe van Sound of Music op die planke te bring.”
Sandy se eerste teaterproduksie in Namibië, kort nadat sy van Zimbabwe gekom het, was There was an old woman in 1982 by die Nasionale Teater van Namibië.
“Michelle McLean was een van die kinders wat in die produksie gespeel het. Dit was die begin van haar loopbaan op die verhoog. Sy herinner my altyd daaraan as ek die voorreg het om haar weer te sien.”
Sandy het op ? reeds gevorderde ouderdom by Unam as dramastudent onder prof. Aldo Behrens aangesluit.
“Om op 37-jarige ouderdom universiteit toe te gaan, was wonderlik. Ek het my middeljarekrisis op universiteit gehad,” lag sy.
Sy het ook vir “20 wonderlike, ongelooflike, fantastiese jare” by Cota gewerk.
“Dit is by verre die wonderlikste plek in die hele wêreld om by te werk. Nie net kry jy ook al die skoolvakansies nie, maar jy kan met die kreatiefste, wonderlikste mense in die land werk.”
Sandy sê teater is 'n taai bedryf. “Om geld in te samel, was die moeilikste deel van my reis. Ook die gebrek aan erns onder sekere kunstenaars. Soms moet jy senuwees van staal hê.”


Hoogtepunte
Hoogtepunte van haar loopbaan sluit in toe sy vanjaar tydens die land se 25ste onafhanklikheidsvieringe die openingseremonie kon behartig.
Sy het toe saam met Cota-studente gewerk, asook choreograwe Angie Schroeder, Trixie Munyama en Haymisch Olivier. Robert Narciso, Peter Kewowo en Helen Harris het die marionette hanteer. Van die genooide sterre was Lize Ehlers, PDK, Jacob-Jacques Sakaria-Mushaandja, Big Ben, bygestaan deur Fellemon Ndongo, met klank deur Jacus Krige. Die kostuums was deur Cynthia Shimming gedoen. ? Rolverdeling van 1 500 leerlinge is gebruik.
“Dit was ‘n span van duisende. My Swan Song was die skrikwekkendste ding om op die planke te bring, omdat ons net vyf weke voor die geleentheid gevra is om iets vir die onafhanklikheidsvieringe aan te bied.”
Sandy vertel die logistiek op die dag was ? nagmerrie en die sekuriteit was baie streng. Hulle wou nie die kunstenaars in die stadion toelaat nie en sy het nie geweet wat om te doen nie.
“Ek het gedans, gehuil, oortuig – die hemel weet wat ek alles gedoen het – maar teen 12:15 was al 1 500 deelnemers in die stadion.
“Wat ? uitvoering! Dit was vir my ? samevatting van al my werk in Namibië. ? Mengsel van talent en entoesiasme, van ontwikkelings- en professionele teater, marionette, dans en baie musiek – al die elemente waarvoor ek lief is,” sê Sandy.
As sy saans verby die Warehouse Teater tydens ? Song Night of ? Free Your Mind komedie-aand ry, voel sy gelukkig omdat sy weet sy is verantwoordelik vir al die motors wat voor die plek geparkeer is.
“Dis ? vreemde en goeie gevoel. Vir jare lank het ek Chicken Ndemufayo Kaxuxuena en Lize Ehlers aangemoedig om ? ope mikrofoon aand vir sang en komedie te begin – soortgelyk aan die Spoken Word digtersaande. Nou het Song Night en Free Your Mind reeds huishoudelike name geword,” sê Sandy.


Rol van kuns
“Die Amerikaanse sanger, pianis en menseregte aktivis Nina Simone het gesê dit is ? kunstenaar se plig om die tye waarin ons leef te weerspieël.
“Dit is my mantra en verantwoordelikheid en die kuns moet ? stuk gereedskap wees om verandering mee te bring, die goeie uit te lig en die sleg te definieer.
" Uitvoerende kunste kan dit doen. Na my mening is daar geen ander medium wat so ? doeltreffende agent vir verandering, transformasie en hopelik revolusie is nie,” sê Sandy.
Sy sê tydens die proses van repetisies tot die uiteindelike konsert, begin die akteurs gewaardeer en belangrik voel.
“Die reis na die finale oplig van die gordyn is ? reis soos geen ander nie. Die gevoel van prestasie as deel van ? span en as individu is ongeëwenaard.”
Sandy sê die voordele van die proses is die duidelikste as sy met gehoorgestremde leerlinge van die Namibiese Instituut vir Spesiale Onderrig (Nise) en Môreson-skool (kinders met leergestremdhede) werk.
“Die proses laat die kinders toe om te skyn, te blom en normaal te voel. Vir ? kort oomblik op die NTN- of NBC-verhoog, verander die stil jongmense en raak hulle opgewonde en beweeg hulle. Hulle voel geliefd en aanvaar.
“Dit is die fundamentele reg van alle mense – om aanvaar te word, om normaal te wees, om gehoor te word en om geliefd te wees. Dit is wat teater kan doen,” sê Sandy.
“In teater is sukses om te doen en aan te hou doen – maak nie saak hoe goed of sleg dit is nie. Dit is kuns. Om iets uit niks te maak, is kuns. Om iets uit niks te maak, is moeilik.
“Sukses is ? sin van prestasie as jy dit behaal wat jy jouself voor ingestel het.
“Ons moet nooit vergeet dat die kunste hier is om in te lig, te vermaak en onderrig te gee nie. Ons doel is om ons talente te gebruik om korrupsie en geweld te beveg. Dit is ons uitdaging, ons visie vir 2050: ? veilige, geweldvrye land,” sê Sandy.
“My persoonlike ervaring is dat niemand bang moet wees om met die onbekende te werk nie. Teater is ? bedryf waar jy in die donker wag en na die lig spring. Mense moet ook probeer om hul lewe so te leef.”


Namibiese teaterbedryf
Sandy sê die Namibië Jaarlikse Musiektoekennings (NAMA’s) is bewys daarvan dat die plaaslike musiekbedryf goed op dreef is en dat die rolprentbedryf ook blom.
Volgens haar het Anima (? 2014-dansproduksie deur First Rain Dance Theatre) die manier verander hoe ons uitvoerende kunste en dans in Namibië beskou. Boonop is die vyf professionele dansmaatskappye in die land 'n bewys dat ons dansafdeling ook goed vaar.
Volgens haar bestaan ? gaping in die plaaslike teaterbedryf – omdat daar nie een professionele teatermaatskappy is nie.
Sandy sê daar is meer geleenthede in die Namibiese teaterbedryf as in die res van die wêreld tesame.
“Ek sou nêrens anders so ? eklektiese loopbaan gehad het nie. Ek het van produksies in sjebeens in Karibib, televisieprogramme en groot produksies by die NTN tot produksies in Europa aangebied. Ek het met die wonderlikste mense in die wêreld gewerk – jong Namibiërs.
“Hoe gelukkig is ek nie! Ek ken niemand anders in die bedryf wat soveel pret en geleenthede soos ek gehad het nie.
“Namibië is ? klein land met net enkele regisseurs, dus kon ek verskeie gapings vul. My grootste probleem is dat die gemeenskap en selfs kunstenaars steeds nie kuns ernstig opneem nie.
“Ons benodig ? beter werk-etos en mense moet ophou om vir kunstenaars te sê ons sal ‘blootstelling’ kry as ons by hierdie en daardie funksie optree. Ek doen niks sonder ? begroting nie.
“My vraag aan enige een wat dink kunstenaars kan gratis optree, is ‘jy betaal jou haarkapper, dan nie?’”


Ewige optimis
“Ek is lief vir mense en ek is lief daarvoor om met alle soorte mense te werk.
" My kernwaardes is dat ons almal spieëls van die wêreld is. As ek knorrig is en met iemand praat, gaan daardie persoon ook knorrig met my wees. Dit is werklik so eenvoudig. As ek egter grappig, liefdevol en vriendelik is, sal ek ook grappigheid, liefdevolheid en vriendelikheid terug ontvang.”
Sy is ? pionier in die plaaslike teaterbedryf en sê hoewel sy daarvan hou dat mense so na haar verwys, het sy egter nooit gedink sy is een nie.
“Die lewe is retrospektief, is dit nie? Dit is soos om te reis – dit is net werklik wonderlik as jy terugkyk,” sê sy.
“Ek dink ons almal het ? tipe mentor in jou werk. Myne was Noel McDonald van Zimbabwe. Hy was die eerste om my regisseursvaardighede raak te sien. Ek probeer soos hy wees, vriendelik met almal te wees wat ? kans in uitvoerende kuns wil waag.
“Ek dink daagliks aan hom. Hy het soveel in my geglo dat ek ook in myself as regisseur kon glo. Hy het my keuse werklik maklik gemaak. Mentors maak dat jongmense in hulself glo. Dit is ? wonderlike posisie om in te kan wees. Probeer daagliks om iemand te ‘mentor’.”
Dink sy sy het 'n leeftyd se werk in veilige hande gelaat?
“Dis ? moeilike vraag, ons is almal maar net kunstenaars wat doen wat ons doen. Daar sal altyd iemand wees wat teaterwerk doen en ek wens hulle die beste toe. Daar is soveel ruimte vir mense wat teater wil doen! Die NTN is oop vir almal – jy moet net die geld vind om dit te doen.”
Sy wil egter daarvoor onthou word dat sy “gelukkige” teaterproduksies Namibië toe gebring word.
“Ek hou daarvan as jy vir die karwag N$20 gee as jy uit een van my produksies kom. Jy, as ? lid van die gehoor, moet werklik gelukkig, verlig en vol hoop ná my produksies voel.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!