Noord-Korea herbou toetsveld vir kernwapens
Noord-Korea het reeds op 16 Februarie begin om 'n toetsveld waar kernwapens gebou en getoets word te herbou.
Dít is die bevinding van 'n nuusagentskap in Suid-Korea en twee Amerikaanse dinkskrums nadat hulle satelietfoto’s van die toetsveld bekom het.
Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, het Dinsdag in Pyongyang aangekom nadat hy verlede week 'n tweede beraad met Pres. Donald Trump van Amerika in Hanoi, Viëtnam gehou het oor ontwapening.
Dit blyk egter dat Noord-Korea reeds voor die ontmoeting sy kernwapenaktiwiteite hervat het nadat Kim tydens sy eerste beraad met Trump in Singapoer verlede jaar onderneem het dat alle aktiwiteite gestaak word.
Noord-Korea het die laaste paar jaar verskeie kernwapentoetse uitgevoer en langafstandmissiele ontwikkel wat hy beweer die VSA kan bereik.
SATELIETFOTO’S
Dit is egter in 2017 gestaak, nadat die deur oopgemaak is vir onderhandelings tussen die twee lande.
Satelietfoto’s dui egter daarop dat Noord-Korea haastig en vinnig vanaf 16 Februarie tot 2 Maart die toetsveld begin herbou het.
Te midde groot optimisme het Kim en Trump se tweede ontmoeting in Hanoi verlede Donderdag skielik tot 'n einde gekom omdat hulle nie 'n ooreenkoms kon bereik nie.
Die haakplek was glo teen watter pas sanksies wat deur die Verenigde Nasies teen Noord-Korea ingestel is gelig gaan word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie