Noord-Korea lanseer missiel oor Japan

Noord-Korea het gister op 'n uitdagende wyse 'n ballis­tiese missiel oor Japannese grondgebied gelanseer.
NAMPA
In 'n eerste vir Noord-Korea het die land gister 'n ballistiese middelafstandmissiel wat ontwerp is om 'n kernvrag te dra, oor Japan laat vlieg.

Die aggressiewe missiellansering – waarskynlik die langste nog vir Noord-Korea - oor 'n gebied met noue bande met Amerika, het 'n duidelik uittartende bood­skap gestuur terwyl Washington en Seoel nabygeleë militêre oefeninge doen.

Suid-Korea se gesamentlike stafhoofde sê die missiel het ongeveer 2 700 km ver getrek en maksimumhoogte van 550 km bereik terwyl dit oor Japan se noordelike Hokkaido-eiland geseil het. Die afstand en die soort missiel wat getoets is, is oënskynlik ontwerp om te wys dat Noord-Korea sy dreigement gestand kan doen, naamlik dat dit die Amerikaanse gebied Guam kan teiken as dit wou. Terselfdertyd is 'n poten­sieel gevaarlike presedent geskep waar toekomstige missiele oor Japan afgevuur kan word.

Enige nuwe toetse is 'n bron van kommer vir Washington en sy bondgenote omdat dit Noord-Korea oënskynlik 'n stap nader neem aan sy doelwit om 'n arsenaal kernmissiele te hê wat Amerika kan teiken.

Noord-Korea het vanjaar missiele teen 'n vinnige tempo getoets. Altesaam 13 toetse is volgens Seoel uitgevoer.

Ondertussen het miljoene Japanners gister met onheilspellende teksboodskappe wakker geword waarin hulle gewaar­sku is om skuiling te soek toe die Noord-Koreaanse missiel oorhoofs gevlieg het. 'n Treinoperateur het dienste gestaak met die boodskap: “Rede: Ballistiese missiellansering.” Sirenes het in die noordelike gebiede geskal waar die vlugroete van die ballistiese missiel vir twee minute oor Japannese grondgebied gevlieg het voordat dit in die Stille Oseaan geval het.

Noord-Korea se lansering in die rigting van Japan, 'n sleutel­bondgenoot van Amerika en Korea se voormalige koloniale heerser, verteenwoordig 'n belangrike eskalasie deur Pjongjang te midde van spanning oor die land se ­wapenambisies.

Vir die eerste keer in die mees onlangse ronde van gewapende waagsaamheid deur die Noorde, het dit werklike kommer onder die mense van Japan gewek.

By 'n Amerikaanse militêre basis in Tokio het Japan gister 'n Patriot Advanced Capability-3 (PAC-3)-missielverdedigingstelsel as deel van 'n vroeër geskeduleerde dril ontplooi.

Die vorige keer wat 'n Noord-Koreaanse vuurpyl oor Japan gevlieg het, was in 2009 toe Pjongjang gesê het dit was 'n satellietlansering. Volgens Washington, Seoel en Tokio was dit 'n skelm toets van 'n interkontinentale ballistiese missiel.
– Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!