Noord Korea: u2018Pompeo en Kim albei tevrede nu00e1 vergaderingu2019
Noord Korea: u2018Pompeo en Kim albei tevrede nu00e1 vergaderingu2019

Noord Korea: ‘Pompeo en Kim albei tevrede ná vergadering’

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, meen Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, is reg om internasionale inspekteurs toegang te gee tot Noord-Korea se kernwapen- en missieltoetsgeriewe.

Dit was tot dusver een van die groot haakplekke in onderhandelings tussen die twee lande om te verseker dat ’n vroeëre ooreenkoms oor Noord-Korea se ontwapening deurgevoer word.

Pompeo en Kim het Sondag in Pjongjang vergader. Pompeo het gister gesê inspekteurs sal die missielenjintoetsgerief en die Poenggje-ri-kernkragtoetsterrein besoek sodra die twee lande ooreengekom het oor die logistieke aspekte van so ’n besoek.

“Dit gaan fyn beplanning verg,” het Pompeo op ’n nuuskonferensie in Seoel gesê.

Hy het ook gesê die twee partye is “nogal naby” om die fyner besonderhede van ’n tweede beraad tussen Kim en pres. Donald Trump van Amerika af te handel.

Die staatsnuusagentskap KCNA meen Kim was net so tevrede met die samesprekings, waar daar oor “gemeenskaplike standpunte ooreengestem is en opinies uitgeruil is”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!