Noord-Korea vier 70 jaar met blomme, geen bomme
Die fokus het verskuif om eenheid op die Koreaanse skiereiland te bewerkstellig.
Daar is geen langafstand-missiele ten toon gestel nie, maar wel ballonne en blomme op die miliêre parade wat Sondag in Pjongjang gehou is om Noord-Korea se 70ste herdenking te vier.
Tienduisende soldate het in pas gemarsjeer en rye en rye weermagtenks het verby die stellasie gery vanwaar Kim Jong-oen, leier van die land, die parade aanskou het.
Waar missiele in die verlede op die parade ten toon gestel is, was die tema hierdie keer vrede en ekonomiese ontwikkeling.
Geen kernwapentoetse is uitgevoer nie, soos wat die laaste twee jaar gedoen is om die dag te herdenk.
Die fokus het verskuif om eenheid op die Koreaanse skiereiland te bewerkstellig wat in twee geskeur is sedert die Koreaanse Oorlog van 1950-1953.
Vlae van ’n herenigde Korea is op vlotte ten toon gestel.
Kim vergader weer later vandeesmaand met pres. Moon Jae-in van Suid-Korea. Dit sal hul derde ontmoeting vanjaar wees.
Hulle sal na verwagting die praktiese aspekte van ontwapening verder bespreek.
Kim is gister op die feesviering op Kim Il-sung-plein gesien waar hy gelag en saam met ’n Chinese diplomaat sy hande omhoog gehou het.
Hy het vir die skare gewaai en is toe daar weg sonder om ’n toespraak te lewer. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie