Noord-Koreane na die stembus
Noord-Koreane het gister na die stembus gegaan om hul steun aan die kandidate vir die hoogste wetgewende liggaam te gee.
Miljoene Noord-Koreaanse kiesers onder wie dié land se leier, Kim Jong-oen, het gister aan die verkiesing van sowat 700 lede vir die nasionale wetgewer deelgeneem.
Die stemmery was eintlik meer ‘n bevestiging van die voorgestelde lede as ‘n mededingende verkiesing, berig AP.
In tipiese Noord-Koreaanse styl is net een staatsgekeurde kandidaat per kiesafdeling aan die kiesers voorgelê. Hulle bring hulle stem uit om te wys hulle stem saam, of in hoogs uitsonderlike gevalle, toon hulle aan dat die kandidaat nie hul goedkeuring wegdra nie.
Die verkiesings vir lede van die Oppervergadering van die Mense vind elke vyf jaar plaas. Dit is die hoogste magstruktuur in Noord-Korea is. Die verteenwoordigers is van oral in die land en vanuit alle sfere van die samelewing afkomstig. Die kandidate word deur die regerende Koreaanse Werkersparty gekies asook deur ‘n aantal klein koalisiepartye wat setels in die vergadering het, maar baie min onafhanklike mag kan uitoefen.
Kim, wat pas teruggekeer het uit Hanoi vir sy tweede beraad met pres. Donal Trump van Amerika, is die mees prominente kandidaat van almal. Ofskoon sy mag gesetel in sy totale beheer van die regerende party, die regering en die weermag, het hy hom herverkiesbaar gemaak in die Pjongjang-kiesafdeling.
Die opkoms by die stembus is gewoonlik 99 persent en meer van geregistreerde kiers. Om te stem word as ‘n kieser se plig en verantwoordelikheid gesien en om tuis te bly is eenvouding nie ‘n opsie nie.
“Ek is baie trots daarop om vir die eerste keer te kan stem,” het ‘n 19-jarige student, Kim Ju-gjong, gesê. Sy het gister in Pjongjang gestem. “Ek is bly ek is ‘n burger en wil my beste gee vir die toekoms van my land.”
Burgers kan vanaf die ouderdom van 17 jaar in Noord-Korea stem.
Die stembusse het gisteroggend om tienuur geopen en sou tot laat gisteraand oop wees.
Kiesers toon hul ID’s aan kiesbeamptes, waarna hulle hul stem in ‘n private stemhokkie kan uitbring. As hulle ten gunste van die kandidaat is, plaas hulle die stembrief in die stembus. As hulle nie saamstem nie, trek hulle die kandidaat se naam dood en plaas ook die stembrief in die stembus.
“Niemand stem teen ‘n kandidaat nie,” het Jin Ki Chol, voorsitter van die verkiesingkomitee wat toesig gehou het by ‘n stempunt in Pjongjang, gesê.
Verkiesing is feestelike geleenthede in Noord-Korea en daar is dikwels orkeste wat speel en dié wat klaar gestem het, kan aan groepsdanse deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie