Noorde gee pryse ná goeie wedvlugseisoen
Resiesduiwe
Tielman van Lill
Die Grootfontein-resiesduifklub het vroeër vandeesmaand sy jaarafsluiting en prysuitdeling op die noordedorp gehou.
Die voorste pryse is soos volg toegeken:
Klubkampioen: Chris Louw.
Jaaroud-kampioen: Stef van der Merwe.
Ope kampioen: Chris Louw.
Klub- sowel as die jaaroudkampioenduif: Duif Nam 1554 van Stef van der Merwe.
Ope kampioenduif: Nam 66235 van Herman Stroh.
Stef van der Merwe van die Grootfontein-wedvlugklub is optimisties oor die sport se toekoms. Die klub het met sy prysuitdeling hul borge uitgesonder wat hulle die afgelope jaar ondersteun het.
“Ons beleef die afgelope tyd 'n oplewing met hernude belangstelling in wedvlugsport. Heelwat entoesiaste betree die sport nou. Mense in die noorde is welkom om ons vir meer inligting te nader.
“Ons bedank Maroela Motors, Woerman Brock Grootfontein, SF Engen Service Station, Agra Grootfontein, Vobaco Apteek, Pupkewitz Megabuild Grootfontein, GTI Grootfontein, Pondoki-ruskamp, Cymot Tsumeb en André Horn van Tsumeb hartlik vir hul ondersteuning gedurende die afgelope jaar.
“Ons wil die borge verseker dat jul bydraes opreg waardeer word,“ het Van der Merwe afgesluit.
Enige inwoners in die noorde wat in wedvlugsport belangstel, kan Herman Stroh by 081 258 1720 of Stef van der Merwe by 081 128 9822 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie