Noorde kan hul ore spits
Noorde kan hul ore spits

Noorde kan hul ore spits

Gehoorgesondheid is nou ook binne Namibiërs in die noorde van die land se bereik.

In 2008 is die eerste Oorinstituut in die land in Windhoek geopen en dit is gevolg deur 'n tweede tak op Swakopmund.

Die instituut huisves moderne toerusting en word deur goed opgeleide oudioloë bedryf.

Weens die aard van Namibië se bevolkingsverspreiding, met meer as 50% wat in die noordelike deel van die land gevestig is, is tot die besef gekom twee fasiliteite alleen is onvoldoende.

Gehoorverlies in Namibië kom redelik baie voor.

Ongeveer ses uit elke 10 mense bo die ouderdom van 60 jaar ervaar redelik ernstige gehoorverlies.

Afgesien hiervan is gehoorverlies as gevolg van geraasbeskadiging ook algemeen.

Daar is dus 'n groot behoefte aan volhoubare oudiologiese dienste in die Noorde.

Die Oorinstituut het dié uitdaging aanvaar en het besluit om 'n derde eenheid te vestig.

Dié mobiele eenheid sal oudiologiese dienste in die Otjozondjupa-, Oshikoto-, Oshana- en Kavangostreek aanbied.

'n Oudioloog sal permanent by die Tsumeb Private Hospitaal gevestig wees en sal van daar af die Otjiwarongo Mediese Praktyk, Ongwediva Medipark, Rundu Private Hospitaal, sowel as Grootfontein Medi-Wize Apteek op 'n gereelde basis besoek.

Met die vestiging van dié eenheid het die Oorinstituut gedeeltelik hul doel verwesenlik om alle Namibiërs die geleentheid te bied om gehoorgesond te wees. Vir meer besonderhede, besoek www.oorinstituut.co.za, skakel 081 149 4558 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!