Noorde probeer Nande-golf stuit
Noorde probeer Nande-golf stuit

Noorde probeer Nande-golf stuit

Gholf
Andrew Poolman
Die verdedigende kampioen Likius Nande sal 'n sterk gunsteling wees om sy titel te behou wanneer die Bank Windhoek Noorde Ope gholftoernooi môre op die Tsumeb-klub se baan gespeel word.

Nande, van Rössmund-klub op Swakopmund, is tans die land se topgekeurde amateurspeler en het reeds 'n string van agt opeenvolgende oorwinnings opgebou in toernooie wat punte op die merietelys van die Namibiese Amateur Gholfunie tel.

Sy onlangse oorwinning in die finaal van die Windhoek Lager Afrika-kampioenskap by die Windhoek Buiteklub sou die 21-jarige jongman se selfvertroue 'n verdere hupstoot gegee het.

Die twee kusspelers van Walvisbaai, Gert Olivier en Grant Mather, behoort vir sy sterkste teenstand te sorg, terwyl verskeie van Tsumeb se eie klublede tot goeie gholf in staat is en ook hul tuiskennis tot hul vooreel sal wil gebruik.

Die afslaantye môre is (voorgeë tussen hakies):

10:00 Likius Nande (0), Gert Olivier (1), Grant Mather (1), Josef Nugurib (2).

10:10 Pieter Harmse (3), Willem Hanamub (3), Walter Heibeb (3), J van der Merwe (12).

10:20 Edwin Geinub (4), Stanley Gawanab (4), Patrick Shigwele (4), Conrad Hanamub (4).

10:30 T Burger (7), D Coetzee (6), T Hailonga (5), MJ van Vuuren (4).

10:40 J Amutenya (5), U Amukwaya (7), A Amugongo (7), J Mather (7).

10:50 S Coetzer (9), F van Zyl (16), I Hayward (11), S Tjizao (8).

11:00 C Heunis (9), G Spinas (9), C Voigts (9), W Louw (9).

11:10 M Nangolo (10), H Ndjendja (10), A Bonifatius (9) , G Mbako (9).

11:20 C Hoaseb (12), F Katjimune (12), T Howaeb (11), L Chivende (11).

11:30 T Randinyu (14), S Haushona (14), S Tsaneb (14), S Ndalumboma (13).

11:40 F Coetzer (17), H Mudge III (15), E Ndakalako (16), A Moses (15).

11:50 H Mudge iv (20), R Tshwagong (18), K de Klerk (18).

12h00 S Sibanda (24), I Mavetera (22), J Rayners (20).

12h10 L Coetzee (24), R Barnard (24), M Katjirua (24).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!