Noorde se boorde geoes
Sowat 50 vrugteboorde is deur die direktoraat van bosbou in die Oshana-, Ohangwena-, Omusati- en Oshikotostreek aangeplant en sluit mango''s, koejawels, lemoene, papajas, maroelas en suurlemoene in.
”In 2015 het ons 14,8 ton vrugte uit boorde geoes en verkoop. Van dié sade is gebruik vir saadverwerking,” het mnr. Fillemon Kayofa van die ministerie van landbou, water en bosbou gesê.
Volgens hom is meer as 20 boorde op 163 hektaar in die Oshanastreek gevestig. ”Altesame het ons 65 492 vrugtebome geplant waarvan 85% nou vrugte dra.”
Hy het gesê die boorde is as deel van die direktoraat se boomplant- en boordontwikkelingsprogram geplant om mense te ondersteun wat daarby betrokke wil wees.
Nog een van die direktoraat se inisiatiewe is om elke jaar bome by skole te plant. Skole kry die bome aan die begin van die jaar en hulle word op boomplantdag geïnspekteer. Die skole met die gesondste bome wen ''n prys.
By vanjaar se boomplantdag het agt skole pryse gewen. Die pryse was onder meer tien mangosaailinge, ''n kruiwa, twee gieters, ''n hark en ''n graaf.
Die Primêre Skool Omulunga was die algehele wenner en het benewens bogenoemde pryse ook ''n tuinslang gekry. Die naaswenners was die Junior Primêre Skool Oshimbuba, die junior sekondêre skole Onyika en Angola, die Primêre Skool Onekongo, en die gekombineerde skole Onakamwandi en Oshikunde. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie