Noorde-skool bied hoop vir kinders met outisme
Die stigter van 'n spesiale skool op Ongwediva is van mening kinders met outisme word gedwing om by hoofstroomskole aan te pas en dit stem nie noodwendig ooreen met hul vermoëns en uitdagings nie.
Tuyeimo Haidula op Ongwediva – Dit is 'n koue wintersoggend by die Circle of Hope Private Academy (Coha) op Ongwediva in die Oshanastreek. Die klok lui om 11:05 op Dinsdag 6 Julie.
Die skoolgange is leeg. Namibië gaan gebuk onder streng inperkings weens die derde Covid-19-golf en skole is tot 4 Augustus gesluit.
Me. Victoria Joel, die stigter van dié skool vir kinders met outisme, sit in een van die klaskamers. Joel het Coha in 2011 gevestig, maar die skool se deure het eers in Januarie 2019 vir leerlinge geopen.
Sy het haarself daartoe verbind om die stigma en talle wanopvattings rondom Outisme Spektrum Stoornis (ASD) in Namibië te verbreek.
ASD is 'n groep ingewikkelde breinversteurings wat 'n persoon se vermoë belemmer om met ander te kommunikeer.
“Outisme is 'n ontwikkelingstoornis wat kommunikasie- en gedragsuitdagings behels,” verduidelik Joel.
Volgens haar bestee outistiese kinders baie tyd daaraan om te leer hoe om by 'n omgewing aan te pas wat dikwels nie ooreenstem met hul vermoëns en uitdagings nie.
LEERPLAN EN GRADERING
Coha het tans 15 leerlinge – drie meisies en 12 seuns – en die leerplan en puntetoekenning is vir die leerlinge aangepas.
Die skool het geen grade nie en leerlinge word volgens vroeë kinderontwikkeling (ECD 2 tot 4 jaar, graad 1 tot 7 gegradeer. Hulle word net op verskillende vlakke onderrig.
Die leerlinge word in hoofstroomklasse volgens hul vermoëns gegroepeer deur middel van junior en senior primêre fase-kurrikulums van NIED (Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling). Diegene wat nie die hoofstroom kan volg nie, word deur NIED se intellektuele leerplan van vlak tot vlak onderrig.
Leerlinge word ook op 'n spesifieke manier gegradeer wat anders is as dié van hoofstroomskole in die land.
Vir basiese voor-beroepsopleiding is 'n oorbruggingsprogram pas ingestel en word aan leerlinge van 16 tot 25 jaar aangebied.
Die primêre fase is grade 1 tot 7 vir leerlinge van 8 tot 15 jaar.
JOEL SE OPLEIDING
Joel is 'n kampvegter vir mense met gestremdhede en sy is passievol daaroor.
Sy het in Junie 2011, toe sy in Swakopmund gewoon het, aktiwiteite onder die Circle of Hope Youth Group gedoen. Sy het besef daar is iets meer permanent as die Kerspartytjies wat hulle vir sommige van die kinders gehou het.
Die Senior Expert Service (SES) van Duitsland het in 2017 vir Joel by die Autism Centre op Swakopmund opgelei in die onderwys vir spesiale behoeftes, waar sy later as onderwysersassistent aangestel is.
Terwyl sy by die sentrum betrokke was, is sy vir verskeie opleiding gestuur, insluitend 'n maandlange kursus om ASD en die onderrig van kinders met outisme en 'n inleiding tot Makaton-gebaretaal te verstaan, asook inklusiewe onderwys wat deur 'n spesialis uit Suid-Afrika, in samewerking met die Outisme-vereniging van Namibië, aangebied is.
Joel was vasbeslote en het in 2018 na Outapi in die Omusatistreek verhuis om as vrywilliger skool te hou by 'n spesiale staatskool waar kinders met leerprobleme kan inskryf.
“Ek het uitgevind die onderwysers het nie opleiding gehad in die onderrig van kinders met spesiale behoeftes nie en het ook geen spesiale leerplan of gespesialiseerde hulpmiddels in plek gehad nie. Dit was meestal vir leerlinge wat stadig leer en hulle het nie kinders met outisme ingeneem nie.
Die skool kon ook net 'n beperkte aantal kinders ingeneem wat sowat 300 sonder 'n skool gelaat het, aangesien ander hoofstroomskole hulle nie wou akkommodeer nie. Coha is gestig nadat ouers na my uitreik het.”
MUSIEKTERAPIE
Mnr. Brian Mhlanga, 'n musikant met 'n passie vir kinders, help leerlinge volgens hul unieke vermoëns leer. Mhlanga het Joel verlede jaar ontmoet en besluit om haar te help om die leerlinge se leeromgewing te verbeter.
“Ons is al wat hulle het. As ons hulle verstaan en aanvaar, kan hulle interaksie met ander mense hê. Ons probeer nie om hulle te verander nie, maar om hulle te help om in die samelewing aan te pas. As jy met hulle praat, antwoord hulle. Ons leer hulle dissipline deur musiek,” het hy gesê.
“Die skool het nie musiekinstrumente nie. Dit is 'n uitdaging wat nog oorbrug moet word om die leerproses makliker vir die kinders te maak. Vir nou steun die skool op Mhlanga om sy eie te bring.
MOEILIK OM REG TE DIAGNOSEER
Geen syfers is beskikbaar van die aantal kinders, of volwassenes, met outisme in Namibië nie. Joel sê dis 'n groot uitdaging, omdat min dokters outisme kan diagnoseer.
Volgens haar kan ouers nie sonder 'n diagnose aansoek doen om hul kinders in spesiale skole te sit nie. “Hoe vroeër die toestand geïdentifiseer word, hoe beter.”
“Die meeste van hierdie kinders word nie gediagnoseer nie. Ons het outistiese kinders in inrigtings vir geestesgesondheid, maar hulle word met verstandelike gestremdhede gediagnoseer.”
TYAPPA AMON
Een leerling by die skool wat nie kan praat nie, is Tyappa Amon (7). Net ná 14:00 kom ek by hul huis aan. Tyappa se ma, Lovisa Amon (36), maak die hek vir my oop.
Ek groet vir Tyappa en sy ouer broer Nafimane. Tyappa lê in die sand en kyk na my, maar hy antwoord nie. “Jy kan dit maklik miskyk dat hy outisties is, veral as jy nie lank bly nie,” sê
Amon.
Volgens Amon is kommunikasie die grootste probleem in hul huis en sy wil graag hê hy moet leer om na goed te wys en te sê wat hy wil hê.
Sy het vermoed iets is verkeerd toe Tyappa twee geword het en nog nie kon praat nie en hy sou dinge op die tafel herrangskik. Sy het aangeneem dit was 'n hiperaktiwiteitsversteuring of iets soortgelyk, maar niks meer nie.
Sy het gesê 'n dokter het voorgestel dat Tyappa moontlik outisties kan wees.
“Ons het toe 'n arbeidsterapeut besoek wat hom met outisme gediagnoseer het. Voor dit het ons meer gekonsentreer op aandagafleibaarheidsindroom (ADHD), omdat ek gevoel het hy gebruik self sy potjie, hy kon alleen eet, dus het ek gedink hy kon nie outisties wees nie,” het Amon gesê.
Sy doen 'n beroep dat diskriminasie teen kinders met outisme gestaak word en sê daar is meer aan die lewe as wat die oog sien.
“Ek het in 'n bus na Windhoek gery en die dame wat langs ons gesit het, het gesê ek het nie my kind gedissiplineer nie, omdat hy nie stil kon sit nie. My hart het op soveel maniere gebreek. Ek kon nie wag om uit die bus te klim nie.”
Sy sê ook sy het geen probleme ervaar tydens haar swangerskap met Tyappa nie.
“Sedert sy diagnose kry ek die vraag baie. Daar was vir my niks buitengewoon aan die swangerskap nie. Eintlik kry ek nie moeilike swangerskappe nie. Jy kan tot sewe maande by my wees en jy sal nie weet of ek swanger is nie. Geen probleme met reuk, kos of enige iets nie,” het sy gesê.
Amon het gesê dit is belangrik om ondersteuning te kry as jy 'n kind met outisme het. Die daaglikse versorging van kinders met outisme kan stresvol wees.
“Om te sorg dat jou kind die nodige hulp kry, kan ook 'n uitdaging wees afhangende van of daar gehalte- ondersteuningsdienste in jou omgewing beskikbaar is. Terselfdertyd het jy waarskynlik voortdurende bekommernisse oor jou kind se prognose en langtermynwelstand. In die tyd van Covid-19 het ek as ouer die angs as ek sou sterf, wie sal dan na my kind omsien,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie