Noorde-vegters kry geldelike steun
Die Oshanastreek word Saterdag met 'n aand van opwindende boksgevegte op Ondangwa bederf.
Andrew Poolman - Kilimanjaro van Oshakati is die nuutste boksklub wat deur MTC as hoofborg onder sy vlerk geneem is.
Joseph Bernhard, voormalige Namibiese amateurkampioen en Olimpiese ligvlieggewigbokser by die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta, is die hoofafrigter en dryfveer wie se harde werk agter die skerms nou beloon is.
“Dit is 'n droom wat waar word,” het Bernard gister by die bekendmaking by MTC se hoofkantoor gesê.
Die borgskap beloop N$1.2 miljoen verdeel oor die volgende drie jaar, ofte wel N$400 000 per jaar.
MTC se mnr. John Ekongo het by die bekendmaking gesê die maatskappy se belegging in Namibiese boks is reeds welbekend, met eers die MTC Nestor Sunshine boksakademie en daarna MTC Salute-akademie wat reeds onder sy vaandel is.
“Namibiese boks het reusegroei getoon vandat MTC sowat 16 jaar gelede aan boord gekom het en die getal wêreldtitelhouers wat uit ons klein landjie kom, is merkwaardig.
“Talle mense het egter gevra waarom ons net in die hoofstad belê en ons het dus gaan soek na 'n verdienstelike klub wat 'n betekenisvolle belegging goed sal kan gebruik.
“In die Oshonastreek het ons die Kilimanjaro-klub geïdentifiseer, waar vanaf grondvlak lewe in die sport geblaas word. Jong manne word geïnspireer met die moed om aan te hou om hul drome na te jaag.
“Ons verwelkom dus vir Kilimanjaro in ons geledere. Aan afrigter Joseph – in ons gesprekvoeringe mag jy dalk die gevoel kry dat ons graag inmeng, maar dit is bloot omdat ons so entoesiasties is om Namibiese boks verder te sien groei.”
Joseph het vertel dat hyself 'n lang loopbaan gehad het en vir nege jaar die Namibiese amateurkampioen as ligvlieggewig was. Hy was ook kortstondig in die Sunshine-kamp, hoewel hy uiteindelik net twee beroepsgevegte gehad het.
“Ons klub op Oshakati is in 2004 op die been gebring en sedertdien doen ons moeite om jong kinders van die begin af die regte beginsels in die bokskryt te leer.
“Mense in die noorde is lief vir boks en die sakegemeenskap het bygedra tot die paar byeenkomste wat ons tevore gereël gekry het.
“Met hierdie nuwe rugsteun agter ons, sal ons alles in ons vermoë doen om die geloof in ons terug te betaal en aan die verwagtinge te voldoen.”
KOMENDE NAWEEK
'n Toernooi met elf beroepsgevegte word Saterdagmiddag en -aand by die Ekamuti Lodge op Ondangwa aangebied. Vanaf 18:00 kan toeskouers maar aanmeld vir die bonanza wat soos Winston Churchill geen ander beloftes maak nie, behalwe “Blood, Sweat and Tears”.
In die hoofgeveg sal die onoorwonne Charles Shinima (agt gewen) vir die eerste keer sy Namibiese nasionale junior middelgewigtitel oor tien rondes teen Steven Shimbonde (ses gewen, sewe verloor) op die spel plaas.
Shinima het die nasionale gordel in die 69.85 kg gewigsklas vroeër vanjaar gewen toe hy vir Ebenestus Kaangundue uitgeslaan het. Hy het 'n herontmoeting toegestaan aan Shimbonde (Anaconda), vir wie hy in November 2018 met 'n tegniese uitklophou verslaan het, maar wat agterna in die kryt die luidspreker gegryp en 'n paar verskonings aangebied het waarom hy nie op sy beste kon veg nie.
• Afrigter Joseph Bernhard se seun, Michael Bernhard Junior, boks in die hoofvoorgeveg om die tweede Namibiese nasionale gordel wat vir die aand op die spel staan.
Bernhard Junior (vier uit vier gewen) se opponent Ndangi Shapwa sal desperaat wees om sy loopbaan op die regte koers te kry, nadat hy afgeskop het met twee uitklopnederlae teen twee oënskynlik geharde opponente (Alpheus 'The Viper' Shilongo en Abed Shikongo).
“Michael was nog my hele boksloopbaan langs my en het met die sport grootgeword. Sy gewigsklas (69.85 kg) is swaarder as wat ek in my hele lewe geweeg het. 'n Oorwinning sal baie beteken om vir boksers in die noorde hoop te gee dat 'n nasionale titel en selfs hoër louere nie buite hul bereik is nie,” het die vader gesê.
• Die res van die gevegte op Ondangwa bevat 'n mengsel van bekende name en ontluikende vegters wat graag hul kans sal wil aangryp:
1 Kapokgewig (4 rondes): Andrea Mwenyo tn Theophelus Nashilongo.
2 Superkapokgewig (4 rondes): Sam Mathews tn Joseph Abel (debuut).
3 Superkapokgewig (4 rondes): Fillipus Shaanika tn Paulus Aileka.
4 Junior weltergewig (4 rondes): Immanuel Jason tn Usko Rehabiam.
5 Superkapokgewig (4 rondes): Fillipus Nghitumbwa tn Julius Sheetheni.
6 Superkapokgewig (4 rondes): Mateus “The Beast” Heita tn Sacky Sheehama.
7 Junior middelgewig (4 rondes): Abed Shikongo tn Jospeh Nghihangwa
8 Junior middelgewig (4 rondes): Edison Nghipondoka tn Nuuyoma December.
9 Veergewig / tussengewig (6 rondes): Onesmus Nekundi tn Nathaniel Shimanda.
• Gewone toegangskaartjies beloop N$50, of N$150 vir 'n sitplek nader aan die kryt, en is net by die deur te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie