Noordedorp se raadslede eindelik beëdig

Grootfontein, wat glo deur politieke onenigheid en swak dienslewering lamgelê word, het uiteindelik ’n insweringseremonie gehou.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Grootfontein het eindelik gister sy nuwe raadslede ingesweer, met me. Talitha Garises wat die leisels as burgemeester oorneem.

Dit kom nadat onenigheid onder die dorp se politieke leiers die proses reeds twee maal vanjaar gebriek het.

Me. Elizabeth Kastoor is as die voorsitter van die dorp se bestuurskomitee verkies, met mnr. Wikus Jacobs en mnr. Victor Shandjuka wat ook tot dié komitee verkies is. Bykomende raadslede is me. Lovisa Iyambo en mnr. Alfeus Nghikevali.

Die Otjozondjupa-streekraad was ook teenwoordig tydens die geleentheid omdat hulle toevallig terselfdertyd besig is met ‘n uitreikprogram in die streek.

Die stryery onder Grootfontein se raadslede het sedert die begin van die jaar reeds twee beplande insweringseremonies by die munisipaliteit omver gegooi – soveel so dat Swapo se uitvoerende streekkomitee asook die streekkomitee self moes ingryp.

Dit het daartoe gelei dat die voormalige burgemeester, me. Lovisa Iyambo, bedank het en die leisels aan me. Talitha Garises oorgegee “ter wille van eenheid, inklusiwiteit binne Swapo asook ter wille van dienslewering aan die inwoners van die dorp,” het sy onlangs tydens ‘n openbare byeenkoms gesê.

Vroeër het Swapo se uitvoerende streekkomitee glo hul aanvanklike besluit in Desember om Garises te herroep as ’n Swapo raadslid vir Grootfontein, wéér omgeswaai.

Republikein is in besit van ’n brief op 14 Februarie aan Grootfontein-munisipaliteit se uitvoerende hoof, waarin Swapo se uitvoerende streekkomitee die herroepingsbrief kanselleer. Hulle raai ook die noordedorp se munisipaliteit aan om dringend voort te gaan met die beëdiging van hul raadslede.

Iyambo het tevore gesê sy staan opsy ten spyte daarvan dat sy demokraties as burgemeester verkies is – iets wat van haar kamerade glo gegrief het.

DIENSLEWERING

Intussen het inwoners van die dorp telkemale hul misnoeë oor dienslewering in die dorp teenoor die koerant uitgespreek.

Beeste wandel in die dorp se strate, terwyl inwoners by die koerant kla dat daar nie een week verbygaan wat daar nie ’n krag- of wateronderbreking is nie. Verskeie strate is vol slaggate, met sommige strate wat bykans onbegaanbaar geraak het sedert dit sowat ’n maand gelede begin reën het.

Besighede kla oor rou riool wat verby hul geboue loop, terwyl inwoners in informele nedersettings ook daaroor kla.

Ander plaas weekliks foto’s op Facebook van tuin- en ander vullis wat glo op elke straathoek lê.

Inwoners het verlede jaar meer as een keer na die munisipaliteit oor swak dienslewering opgeruk, terwyl die dorp die afgelope tyd pal in die nuus was oor onder meer ’n verdoemende verslag deur die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling oor munisipale sake, waarin grootskaalse korrupsie beweer word, asook verskeie swak (gekwalifiseerde) ouditmenings van Namibië se ouditeur-generaal.
[email protected]

FOTO’s LUKE SALAMO
Grootfontein se raadslede is eindelik beëdig. Agter van links is die nuut verkose lede van die bestuurskomitee mnr. Wikus Jacobs en me. Johanna Fillemon, met me. Elizabeth Kastoor as hul voorsitter. Voor is Grootfontein-munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Kisco Sinvula, die nuwe burgemeester me. Talitha Garises en landdros Murray Shikongo.
Grootfontein se nuwe burgemeester, me. Talitha Garises.

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A