Noordweste dankbaar vir droogtehulp, reu00ebn
Noordweste dankbaar vir droogtehulp, reu00ebn

Noordweste dankbaar vir droogtehulp, reën

Die Kunenerivier se vlak is besig om te styg.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Pas nadat Droogtehulp Namibië Woensdag bale gras en lusern aan kommunale boere in die Sesfontein-omgewing in die Noordweste afgelaai het, het die reën mildelik in dié droogtegeteisterde gebied uitgesak en die Kunenerivier se vlak laat styg.

Mnr. René Botes van Droogtehulp Namibië sê mnr. Armand Basson van I Dream Africa het Dinsdag besluit om met sy bakkie en waentjie Noordweste toe te ry om droogtehulpvoer af te lewer.

"Francois Tromp van Okahandja het N$2 500 se diesel geskenk en Kaap Agri op Omaruru 65 bale lusern.

Intussen het Hendrik Derks van Beefcor op Okahandja laat weet hy skenk ook 'n vragmotor met diesel en 25 groot, ronde bale gras," vertel Botes.

“Hulle het saamgery tot op Omaruru om Kaap Agri se skenking op te laai en daarna is hulle Sesfontein toe waar hulle die gras in 'n superdroë gebied uitgedeel het. Hulle het net die gras klaar uitgedeel, toe val die reën so dat Armand se voertuig amper wegspoel. Hendrik het sommer geswem!”

Botes sê al het dit gereën, bly die nood steeds groot in sekere gebiede: “Dit reën nie gras nie.”

Voor dit, op 11 Maart, het mnr. Danie Botes 850 bale lusern geskenk en CIC 'n vragmotor beskikbaar gestel om dit in die Karasburg-distrik in die omgewing van Warmbad en Grünau af te lewer.

"Op 20 Maart het Mario Jacobs sy bakkie en Diederick Jankowitz van Auction Dynamics sy waentjie beskikbaar gestel nadat Johannes Maritz en Johnny Bassingthwaighte van Okahandja 60 bale lusern geskenk het," sê Botes.

"Mario het verby Okahandja en Usako gery en links gedraai by 'n plaas in. Hy het daar 'n boer gekry met 'n klein kudde beeste en skape en verder niks en die 60 bale daar afgelaai," vertel Botes.

"Droogtehulp Namibië kan nie genoeg dankie sê vir almal wat skenkings gegee en hulp verleen het nie."

RIVIERVLAKKE

Intussen het die Hidrologiese Diens van Namibië gister in sy vloedbulletin berig die vloei van die Kunenerivier by Ruacana het gister tot 41,6 kubieke meter per sekonde gestyg vanaf die vorige dag se 40,3 kubieke meter per sekonde.

Volgens me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by die ministerie van landbou, water en bosbou se hidrologiese diens, was baie van die land se riviere in vloed.

"Vloei het ook in die Cuvelai-iishanas weens swaar reën oor die naweek plaasgevind," het sy gesê.

Volgens Mufeti is die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo besig om stadigaan te daal en was dit gisteroggend 5,95 meter diep.

"Die watervlak is tans steeds bonormaal en vloedwaters is besig om in die oostelike vloedvlaktes van die Zambezirivier in te stoot."

Die Kavangorivier se vlak by Rundu is die afgelope twee dae dieselfde op 3,96 meter.

Mufeti sê die benede Oranjerivier se vlak by Blouputs het ook tot 0,61 meter gedaal met die vloei gisteroggend teen 'n tempo van 81,82 kubieke meter per sekonde.

Sy waarsku steeds gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede waar swaar reënval voorspel word om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
[email protected]

FOTO
Pas nadat Droogtehulp Namibië bale gras in Sesfontein se omgewing in die Noordweste afgelaai het, het dit begin reën. Hendrik Derks geniet die lafenis. Foto Armand Basson

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Down -0.23% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 758.62/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0065 | Zinc US$ 2 910.00/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 79.20/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 955.74/OZ UP +0.04%