Noordweste se paaie kry pak

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Ofskoon vreugdevure hoog brand oor deurdringende reën oor groot dele van die droë noordwestelike deel van die land, is minstens vier streeks- en distrikspaaie in die Kunenestreek ná erge verspoelings onbegaanbaar.

Die Paaieowerheid (RA) het padgebruikers gemaan dat die swaar reën tot die verspoeling van baie paaie gelei het.

Motoriste word versoek om uiters versigtig te wees wanneer hulle in die Uis-, Khorixas-, Palmwag-, Sesfontein- en Twyfelfontein-gebiede reis.

Mnr. Tommy Hall van Swakopmund het op Facebook talle foto’s gedeel van die pad tussen Palmwag en Khowareb. Hy sê die gebied het sowat 100 mm reën gehad en op sommige plekke is daar vir sover as 200 meter geen pad nie, net diepgespoelde “dongas” (slote). Hy sê groot mopaniebome is ontwortel en het gespoel tot waar die pad vroeër was.

Hy vertel ook in die plasing hy was byna tussen vol riviere vasgevang.

Volgens die RA is die pad tussen Uis en Khorixas (MR76) op sekere plekke erg beskadig, insluitend die deel by die brug oor die Ugabrivier. Die pad is tot verdere kennisgewing vanaf dié brug tot by Khorixas gesluit. Mense is versoek om die pad oor Omaruru te gebruik.

Die Langasem-pas op die MR126 vanaf Khorixas is vir sowat 7 km erg verspoel. Mense wat dié roete gebruik, word versoek om nie deur die Huab- en Unibrivier te ry nie, tensy hulle met ’n 4x4-voertuig reis, en dan moet groot versigtigheid steeds aan die dag gelê word.

Die D2612-pad in die omgewing van Twyfelfontein word ook geraak aangesien die Aba-Huabrivier in vloed is. Die gebied kan nie tans bereik word nie.

Net so is die MR128 tussen Palmwag en Sesfontein onbegaanbaar. Die Hoanib- en Skelmrivier is in vloed en voertuie kan nie daardeur ry nie. Sesfontein is van die buitewêreld afgesny.

Verder is die D2628, wat die MR126 en D2612 verbind, ook tydelik vir verkeer gesluit.

Die RA het ’n beroep op die publiek gedoen om wanneer dit baie reën, hul roetes noukeurig te beplan en vooraf vas te stel of die paaie begaanbaar is of nie.
[email protected]

FOTO’s FACEBOOK/TOMMY HALL
So lyk die pad tussen Palmwag en Khowareb.
Hierdie vol rivier is deur Tommy Hall op die pad tussen Palmwag en Khowareb afgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A