Noorweë: drie steeds vermis ná grondstorting
Reddingswerkers het ná 'n reuse-grondstorting in Ask, Noorweë, steeds gister na drie vermiste mense gesoek. Die grondstorting het in die vroeë oggendure van 30 Desember in die nedersetting Ask, sowat 25 km vanaf Gjerdrum, noordoos van Oslo plaasgevind wat verskeie geboue en huise vernietig het. Hoop het opgevlam in die soektog na die vermistes nadat 'n hondjie Maandag lewend uit die puin gered is. Foto Nampa/AF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie