Noorweë en Namibië sing saam
Die onlangs bekroonde wêreldkampioenkoor, die Kollege van die Kunste (Cota) se jeugkoor, gaan op 13 Oktober, môreaand 2018 die verhoog met Femme Vocale Namibia en die Noorweegse Steinkjer-kamerkoor deel.
Dít onder die bekwame leiding van Fanie Dorfling.
Dié konsert sal om 19:00 by Pionierspark se NG-kerk plaasvind.
Kaartjies is slegs by die deure teen N$60 per persoon beskikbaar.
Die Cota-jeugkoor sal van die werke uitvoer wat deel van hul wêreldkoorspele-repertoire was, asook opwindende nuwe liedere.
Femme Vocale is ook onder Fanie Dorfling se leiding en het al groot sukses op buitelandse verhoë behaal.
Hul program het ’n ligter aanslag.
Die Steinkjer-kamerkoor bestaan sedert 1996 as die Steinkjer-kerk se amptelike koor.
Die doel van die koor is om spesiale konserte uit te voer, asook groter werke, vir spesiale geleenthede op die kerkkalender.
Die Steinkjer-kamerkoor het al verskeie geestelike werke uitgevoer, wat insluit Handel se Messias, Bach se Kersfees-oratorio en sy Johannes-passie, Steve Dobrogosz se jazz-geïnspireerde mis, Mozart se mis in C mineur, Louis Vierne se Messe Solennelle vir koor en twee orrels, en Duruflé se Requiem.
Die Steinkjer-koor het in 2011 ’n goue medalje by die Praga Cantat-Grand Prix, ’n internasionale koorkompetisie, ontvang.
In 2014 het dié koor ’n toer na Suid-Afrika onderneem.
Sedert 2012 is die koor onder Rudolf de Beer, ‘n gebore Suid-Afrikaner wat tans in Noorweë bly, se leiding.
De Beer lei ook die Tondhjems Studentersangforening, die Gladious Stor Band en is die Noorweegse koorvereniging in Nord Trondelag se mentor.
Hy het ook al instrumentele ensembles en orkeste gedirigeer, onder meer Trondheim Karok en die Nord-Trondela-kamerorkes.
Gedurende sy tyd in Suid-Afrika het Rudolf die Drakensbergse Seunskoor gedirigeer, asook die Schola Cantorum op Stellenbosch.
Hy was vakhoof en senior dosent in koordirigeervaardighede, hoof van musiekonderrig en kunsdirekteur van die Schola Cantorum aan die Universiteit Stellenbosch se musiekdepartment.
Hy het sy studies aan die Universiteit Potchefstroom voltooi.
Sy meestersgraad in koorleiding en musiekonderrig het hy aan die Universiteit van Oslo, in Noorweë, verwerf.
Sy doktorsgraad in dieselfde dissipline het hy aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth verwerf.
Dít in samewerking met die Noorweegse Staatsakademie van musiek in Oslo.
De Beer het onlangs ’n jaarkursus in komposisie aan die Noorweegse Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie voltooi.
Die koor se program vir Windhoek sal uittreksels uit die volgende insluit:
• Motet - Lobet den Herrn (J.S. Bach)
• Fire salmer (E. Grieg)
• Quatre motets pour le temps de Noël (F. Poulenc)
• Magnificat (A. Pärt)
• Warning to the Rich (T. Jennefelt)
- Volksmusiek -
• Pål sine hønur (arr. K. Nystedt)
• Påls fuge (S. Tveit)
• Bruremarsj fra Sørfold (arr. B.-A. Drage)
• Et barn er født i Betlehem (arr. Ø. Matre)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie